Praat Saam WhatsApp (002)
Praat Saam WhatsApp (002)

WhatsApps vir 16 Februarie 2023

Mandy Rittmann
My oorlede man was ’n onnie vir 30 jaar. In daardie tyd moes hy sy eie bakkie elke jaar gebruik om sportapparaat vir skolesport aan te ry en moes die petrol uit sy eie sak betaal. Ons bakkie is erg beskadig as gevolg daarvan. Toe hy ná 30 jaar afgetree het, was daar geen dankie vir dit nie. Hy moes uit eie beursie ekstra boeke vir die leerlinge koop, self betaal vir kopieë, selfs tokse koop vir die leerlinge wat rugby gespeel het. Nooit was daar enige dankbaarheid gewys van die skool se kant af nie. Laat die regering maar self opdok vir die skole en strukture! Daarvoor het ons 30 jaar se belasting betaal!

Onderwys is regtig “’n stank-vir-dank” -werk! Onderwysers word nie genoeg betaal om ’n ordentlike bestaan te maak nie, wat nog te sê om ordentlik af te tree!

Dis erg as nuwe oumense intrek, dan moet hulle self daardie woonstelle regmaak uit hul eie sakke. Kan ’n hele paar ouetehuise opnoem, om inspeksie te gaan doen.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!