Praat Saam WhatsApp (002)
Praat Saam WhatsApp (002)

WhatsApps vir 17 April 2023

Mandy Rittmann
Keetmanshoop-munisipaliteit: Strate in die woonbuurte, Westdene en Noordhoek. Wanneer is u van plan om hierdie strate te skraap? Hoe is dit moontlik dat niemand by die munisipaliteit ten minste met die inwoners van hierdie buurte kommunikeer nie (nie per sosiale media, want almal is nie daarop nie), om die situasie te verduidelik. In 33 jaar van onafhanklikheid, is daar nog nooit weer strate opgegradeer, of strate opgevul waar dit oor hierdie tydperk verspoel en bloot net disintegreer nie. Strate, paaie moet mos in daardie opsigte onderhou word. As daar nie die fondse daarvoor is nie, was dit lankal tyd om by die sentrale regering aan te klop vir hulp om dit te doen nie? Dit is baie duidelik dat die afgelope jare se rade, bestuur, wat ookal, nie die vermoë het, of gehad het om hierdie deel van die munisipale bestuur, op die korrekte manier, te hanteer nie. So, burgemeester en die raad van Keetmanshoop maak ’n plan so spoedig moontlik, om hierdie buurte nie langer op dié vlak te verwaarloos nie. Ten laaste. Is u bewus van die jaagduiwels wat snags, soms bedags, hierdie buurte se strate vol “spin” en dit nog meer opvoeter? Terwyl daar nou so baie verkeersbeamptes in Keetmanshoop is, waar is hul snags vir hierdie buurte?

Boedels: Stem saam dit is te duur en niemand kan beplan vir daardie twee jaar van oordrag nie. Let wel, as u binne gemeenskap van goedere getroud is, behoort u nie 100% boedelbelasting te betaal nie, maar wel 50%! U lewe dan nog! Probleem is, die bekende boedelagente in die dorp bou vir hul trone en sien hulself as untouchables wat beheer neem oor jou nalatenskap! Selfs die minister van justisie, adv. Dausab spreek haar kommer uit oor hul oneerlikheid. Wanhantering van boedelbates en minagting van die erfgename se belange. Asseblief, minister roep belanghebbendes byeen. So kan dit nie aangaan nie!

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!