Praat Saam WhatsApp (002)
Praat Saam WhatsApp (002)

WhatsApps vir 20 Desember 2022

Mandy Rittmann
Lughawe en nou by Etosha se hek. Wat gaan aan met die beamptes, NWR?

Vanoggend wonder ek wat het geword van “instandhouding” in ons land. Ons ry nou verby die spoorlyn van Otjiwarongo na Otavi, maar die bosse groei welig styf teenaan spoor, g’n wonder ons treine ontspoor. Kraglyne wat oor plase loop, is toegegroei geen instandhouding op daardie paaie en lyne ook. Krag slaan heeltyd af, dan aan en af aan en af. Wie gaan my elektriese instrumente betaal. Maar ’n hele vloot nuwe Nevara-bakkies word gekoop.

Asseblief ons het ’n mooi land. Dinge werk nog hier. Kan ons nie instandhouding hier toepas nie.

Thank you very much honourable minister of urban and rural development by bringing solution to the CEO debacle of City of Windhoek. Why are you not doing anything the same for Hardap Region? The position of CRO has been vacant for approximately a decade now. What is the hiccup here? Does the whole of Namibia not have a capable person to lead this region? We don’t need someone’s choice or somebody who can work together with the politicians as only their lives change or improve, but someone who can put the interest of the whole inhabitants of this region at heart. We count on you honourable minister!

Wonder of Windhoek-munisipaliteit ’n poging gaan aan wend om Windhoek se strate en stormwaterafvoer skoon te kry na Woensdag se storm. Lyk nie of hulle dit hul plig ag nie, aangesien dit bitter lank laas gebeur het. Klippe en grond lê vir ewig in die strate, wat ’n risiko vir padgebruikers inhou.

Is ek dalk elke dag op die verkeerde radiostasie. Nie op ’n dag Kersfeesliedere wat gespeel word, wat gaan aan. Halo, wat gaan aan! Sterf dit uit, vergeet ons van Jesus se geboorte. A nee a.

Snaaks. Taxi stop by plaashek, almal hardloop vir water afslaan. Ek stop by my plaashek net toe hulle, hulle sakke met gemors by taxi uitgooi. Ek sê vir die man, nee, nee meneer tel dit op. Hy wys my daarop my draad loop daar vêr van teerpad, maar hier by teerpad kan hy maar mors. My goeiste, dis ’n bewys hoe hy oor sy land voel. Geen respek geen waardering vir ’n mooi land nie. Ons gooi net neer en mors waar ons wil. Sies! Nee wat, hy sal seker op ’n ashoop ook bly dan is dit ook oraait.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!