No Image Caption

WhatsApps vir 27 Oktober 2022

Mandy Rittmann
Die verkeersbeamptes het geen genade vir ons as hulle ons stop nie. Maar sommige grondpaaie vernietig en beskadig ons karre dat hulle onpadwaardig word! Die toestand van sommige paaie is so sleg, dat jou nuwe kar na ses maande loop soos ’n ou kar. Een so ’n grondpad is die een van Bahnhoff tot by die Kanobib-afdraai. Die pad word gereeld “geskraap”, maar kom ry na 10 minute op dieselfde pad, dan is die sand so los dat jy nie jou kar op die pad kan vashou nie. Die pad word nooit gelyk geskraap nie. Die operateur moet net opleiding kry, dit is die oplossing. Dankie.

Die plase rondom Rehoboth behoort blykbaar die meeste van hulle net aan die “oupagrootjies” van sommige Basters. Hulle maak net soos hulle wil met ons. Waarheen moet ons Nama/Damara-mense gaan? Kan iemand tog vir ons verduidelik wat onafhanklikheid beteken? Die slagspreuk: “One Namibia, one Nation”, wat beteken dit? Ek doen ’n beroep op die Nama/Damara-mense om op te staan en saam te staan vir dit wat aan hulle behoort.

Wie is verantwoordelik vir ’n venster van ’n huis wat minder as 10 meter van “fairway” af gebou word op ’n golfbaan?

Ek wil julle net waarsku en vra, wees waaksaam as julle in die area van Star Hotel, Gammams Primêre Skool en na die brug toe beweeg. Daar is vier mans met ’n Nissan Note, “copper in colour”, wat mense roof. Hulle het wapens ook. Wees versigtig asseblief en steek julle selfone weg! [Taxi se nommer weerhou. Redakteur]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!