WhatsApps vir 28 November 2022
Cowboy en crooks is al wat nou gaan help met vee- en wilddiefstal. Sit ’n losprys op hul koppe. Dead or alive! Tronkstraf help nie. Hul bedryf hul besigheid vanuit die tronk. Verder het hul genoeg uit diefstal gemaak om borg te betaal en voort te gaan. Boere mag terugskiet. En dan praat ons nie eens van die wreedheid wat die stomme diere moet deurmaak nie. Hul is barbare en moet as sulks beheer word. Genoeg is genoeg! Een van die dae is daar niks meer oor om mee te boer nie! Ek sê weer. Losprys op hul koppe!
Ek sien in vandag se nuusblaaie, Joel Nepanda en sy trawante het gister sjampanje gedrink en fees gevier asof iets groots by CoW gebeur het. Is die verwydering van ’n standbeeld nou al waaroor hulle kan opgewonde raak? Plaas dat die menere CoW uit sy bankrotskap probeer kry en dienste aan die stad se inwoners verbeter, dan sal ons almal rede hê om saam fees te vier. Wanneer gaan sommige mense ophou om in die verlede te leef en ’n beter toekoms vir ons land probeer skep? – Petra Fourie
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie