WhatsApps vir 4 Oktober 2022
Omgee: so word die oues van dae by Oude Rust in Windhoek deur die jongman van die NG Kerk in Windhoek-Wes met bomme en lekkernye op Sondag, 2 Oktober 2022 bederf. – Fanie Smit
Nida glo skaam oor mediesefondsbeleggings wat geen geld het nie. Wat van bejaardes wie afhanklik is van medisyne? Ons het mos jare tevore bydraes gemaak. Nie vir blink motors en duur huise nie, maar so lyk ons nou. Windhoek vervalle onder slaggate, mense wat ná 32 jaar nog steeds die bosse gebruik, strate wat nie geverf word nie, verkeersligte buitewerking, verkeersmense onsigbaar, gemeenskap wat nie omgee vir wette en verkeersligte (die wat nog werk), aanrandings in begraafplaas. Die lys is te lank. Ek verlang na mense wat wette toegepas en weerloses beskerm het. – Wanda Richter
Vliegtuig val: So tragies. Wys weer eens. Teoreties kan jy nog so onderlê wees, maar die werklikheid stel verskillende eise aan jou. Geldig op alle vlakke van die lewe. Rus in vrede.
Demensie-artikel: “Ek wil die stigma en diskriminasie teen ons uitwis wat ons probeer isoleer en ons vermoë beperk om vir so lank as moontlik ’n vol lewe te lei” (Stigterslid ADN). Praat met die families by ADN en vind uit, dit is juis die stigterslid self wat bydra tot die stigma en diskriminasie deur demensiepasiënte te isoleer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie