Praat Saam WhatsApp (002)
Praat Saam WhatsApp (002)

WhatsApps vir 8 November 2022

Mandy Rittmann
Ek staan vandag in Woerman Brock Eros, en die dame voor my sê vir die klein dogtertjie saam met haar (sy is seker vier of vyf jaar), sien jy hoe lyk mense wat te veel kos eet en wys na my. Sy sê verder, jy wil nie so lyk nie, want dis baie ongemaklik. Ek wil haar antwoord en sê, weet jy dame dat ek minder as jy eet. Weet jy dat my gewig stress related is, dat my gewig my depressie gee, want ek het al alles onder die son probeer. Maar ek besluit om net weg te draai en na ’n ander till te gaan. Weer eens besef ek hoe mense kinders se breine met lelikheid besoedel. Hoe mense nie hul kinders kindness leer nie. Jy weet nie wat is die volgende persoon se verhaal, hoekom persoon onder- of oorgewig is. Ek hoop daardie dame voel baie goed oor haarself.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer