Windhoek Veterinary Clinic
WILLEM HUGO SKRYF:
Die veeartse van Windhoek Veterinary Clinic waarvan dr. Theuns Laubscher een is, het my Jack Russell se lewe twee keer in ’n kort tydjie gered met soveel omgee en besorgheid, dat ek net kan dink dat die hele nare storie in omloop heel uit verband geruk en oordryf is. My hond het eers longonsteking gehad en toe sy by die huis kom, eet sy ’n dooie rot wat rottegif gevreet het. Die doktors het haar nie veel van ’n kans gegee nie, maar met bloedoortappings en ’n drup het sy dit gemaak. Al die dokters weet van al die praktyk se pasiënte en werk saam en help. Ek het gesien hoe dr. Laubscher vir ’n hele ruk saam met ’n skaaphond by die praktyk in ’n hok sit om hom te behandel. Ek sal nooit weer een van my diere (of skoonma) na ’n ander veearts neem nie.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie