Woord van die week
sloertoer (sloer-toer) s.nw., sloertoere.
Reis wat rustig onderneem word, soms sonder baie beplanning vooraf, en waar verskillende plekke aangedoen word: Op ’n sloertoer gaan. ’n Sloertoer onderneem. ≈ Moenie deur die Karoo wil jaag nie ... Kom, ek neem julle op ’n sloertoer om besienswaardighede in hierdie dorre streek te besoek (Netwerk24, 14 Jun. 2020, E). In Die Roadtrip is die hoofkarakters Jaco en Belarus op die pad. Die plan is ’n sloertoer van suid na noord om ’n bietjie van alles af weg te kom (Netwerk24, 9 Mei 2019, E).
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie