Woord van die week
sjoekran (sjoe-kran) tw. (i.d. taalgebruik van Moesliems) Ook shoekran en shukran. (‹Arab. shukran) DANKIE: Sy vlieg op en hardloop ... Oor haar skouer sien sy dat oom Moshe haar agternasit ... Liora hardloop koes-koes tussen vroue deur ... Toe sy haar in 'n doodloopgang bevind, lig 'n jong vrou ... haar voorskoot en laat dit oor haar sak. “Sjoekran, Jaseena,” sê Liora. Dis een van die min Arabiese woorde wat sy ken: dankie (J. v. Tonder: Verevrou, 2019, E). Sjoekran, thank you, baie dankie en enkosi vir die voorbeeldige manier waarop die hongeres gevoed en ondersteun word (Son, 16 Mei 2020, E).
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).
Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie