Woord van die week
dikbek b.nw.
Deur 'n [opsetlike] botte stilswye onvriendelik en onaangenaam; bot en stuurs
swygsaam; met 'n verstoorde uitdrukking op die gesig; nukkerig, stuurs, nors; vol van
ergernis, kwaad; dikmond, -lip: Die werkers is weer dikbek vanmôre. Dikbek sit,
rondloop. ≈ Dan verdra ek my teleurstelling en kwellings liewer dikbek, maar as 'n
man (F. Steyn).
Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie