23 babas in Oshana op Kersdag gebore
“Dit is vyf redes om hierdie Kersfees te vier! Medipark verwelkom drie seuns en twee meisies. Dit vul ons harte met dankbaarheid en herinner ons aan die krag van die lewe. Welkom kleintjies,” het die woordvoerder by die Ongwediva Medipark, Elizabeth Booysen, gesê waar vyf babas op Kersdag gebore is.
Die Oshanastreek het die geboorte van 23 babas op Kersdag aangeteken, waarvan 18 by die Oshakati Intermediêre Hospitaal gebore is.
"Ons haal ons hoed af vir die toegewyde span gesondheidsorgwerkers by die kraamsaal wat hard werk om veilige bevallings te verseker," het die senior superintendent by die Oshakati Intermediêre Hospitaal, dr. Ruben Kanime, gesê.
Dié hospitaal het 18 normale bevallings en 11 noodkeisersnee uitgevoer, waarvan sewe meisies en ses seuntjies was. Volgens Kanime is geen komplikasies is aangeteken nie.
Die privaat hospitaal op Ondangwa het nie nuwe geboortes op Kersdag aangeteken nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie