90-jarige ry langpad kaf op sy motorfiets
“Ons het ’n baie mooi huis op ’n berghang in Gordonsbaai in Suid-Afrika met ’n groot venster wat op die omgewing uitkyk.
“Daar het ek ’n groot stoel; een waar jy ’n knoppie druk en die rusplek vir jou voete kom uit. Ek is bang vir dié stoel. Ek is bang ek word aan die stoel vasgekluister. Ek het te veel vriende wat so ’n stoel gehad het waar die armleuning heel flenters was en dit is nie ek nie. Wanneer ek gaan, sal dit heel moontlik op ’n motorfiets wees,” het Ed Granger (90) gesê.
Ed het onlangs – soos talle kere vantevore – met sy 250 cc-motorfiets vanaf Kaapstad na Windhoek gery om sy 90ste verjaardag op ’n plaas te vier.
“My vrou, Barbara, was ook hier alhoewel sy nie meer saam met my op die motorfiets ry nie. Barbs bring al vir die afgelope 15 of so jaar toeriste na suidelike Afrika en sy het 24 mense hoofsaaklik van Alaska na Namibië vir die partytjie gebring. Sommige het van Suid-Afrika af gekom.”
Ed is in Montana in die Verenigde State van Amerika gebore. Hy was vir vier jaar in die lugmag voordat hy ingenieurswese studeer het. Lugvaart is sy eerste passie en hy het sy lewe lank meer as een vliegtuig op een slag besit en gevlieg. Motorfietse is sy tweede passie en hy besit tans vyf.
LUGHAWENS
Ed het lughawens en landingstroke in Lesotho, Saoedi-Arabië en Alaska gebou.
In Saoedi-Arabië was hy die projekleier vir die Internasionale Lughawe King Khalid in Riyadh. Hy was ook die projekleier vir die lughawens in Jeddah en in Bahrein.
“Die lughawens was die interessantste om te bou. In Bahrein byvoorbeeld het ons ’n reuseprobleem gehad om die drade in plek te hou; die sand het dit geskuif. Een oggend kom jy uit en sien die draad staan 20 voet in die lug. Dit was uniek, want gewoonlik het jy nie probleme om die grond en sand in een plek te hou nie.”
In 1980, ná Saoedi-Arabië, het die egpaar Lesotho toe gegaan om die Internasionale Lughawe Moshoeshoe in Maseru te bou.
“Ek het my eie vliegtuig soontoe gevlieg en in 1984 – nadat die lughawe voltooi was – het ek nog nege berglandingstroke gebou. Ek was ook betrokke by die bou van al die lughawens en landingstroke in Alaska.”
ALASKA
“Alaska was nog altyd ’n trekpleister vir my. Ons het vroeër jare in die winter altyd vakansie in Mexiko, Hawaii en die Karibiese Eilande gehou, totdat ek vir Barbs gesê het ek sal nie teruggaan nie omdat dit lokvalle vir toeriste is. Ons het begin om na Suid-Afrika te reis en nooit teruggekyk nie. Ons albei hou van suidelike Afrika en sodra ek terug in Gordonsbaai is, sal ek Alaska toe vlieg om ons goed finaal op te pak en dan verhuis ons soontoe. Ons het ná sewe jaar uiteindelik ons permanente verblyf gekry.”
BARBARA
“My vrou het RE/MAX in Suid-Afrika begin. Sy is ’n groot vis in die eiendomswêreld. Toe ons ’n huis wou koop, het ons tot 300 agente gehad wat ons gehelp het. Barbs se vereistes was goeie mediese ondersteuning, goeie veiligheid en ’n see-uitsig. Dit is hoe ons op Gordonsbaai besluit het.”
Vir die afgelope sowat 15 jaar reël Barbara tot vier toere per jaar na suidelike Afrika.
“Ons ontmoet amper geen Amerikaners wanneer ons in Suid-Afrika of Namibië reis nie en dit pas my baie goed. Diegene wat Barbs inbring, ken ons en as ons nie van hulle gehou het nie, het ons hulle nie hiernatoe gebring nie.”
ED
Ed drink elke oggend ’n slukkie brandewyn in sy koffie. Behalwe dit drink hy net nou en dan ’n bier.
“Ek drink die slukkie brandewyn al jare lank in my koffie en glo dit doen my goed. Dis die slukkie wat my tot 90 gebring het en ek glo ek gaan op 95 weer op ’n plaas in Namibië my verjaardag kom vier.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie