Advokate neem afskeid van Louis Botes
‘’n Vrygewige en intelligente man'
'n Advokaat met dekades se ervaring is verlede week oorlede.
Die Vereniging van Advokate in Namibië sê wyle Louis Botes was ’n vrygewige en intelligente man wat ’n breë kennis van die reg gehad het. Botes is op 20 Mei oorlede.
Hy is in 1985 tot die hoërhof as advokaat toegelaat.
“Louis was ons strafregtelike spesialis, die enigste een wat hoofsaaklik in die strafhowe gepraktiseer het,” het die vereniging in ’n verklaring gesê.
Botes het die langste lidmaatskap ooit by die vereniging geniet, maar het nooit aansoek gedoen om ’n senior lid te word en “silk status” te kry nie aangesien dit “nie vir hom oor status gegaan het nie”.
“Dit het meer gegaan oor die beoefening van die reg en om in die bevoorregte posisie te wees om namens ander te praat wat nie die dienste van ’n senior regsverteenwoordiger kon bekostig nie.
“Dit was vir hom ’n roeping om ander te help. Hy het graag na klein dorpies buite Windhoek gereis om diegene te help wat in die laer howe verskyn wat andersins nie die voordeel kon hê om deur ’n senior advokaat verteenwoordig te word nie.”
Kruisondervraging was een van Botes se sterkpunte.
“Dit was vir hom ’n kuns en vermaaklik om te aanskou. Louis was takties – mens het dit nodig as jy goed met kruisondervraging wil wees. Hy het sorgvuldig voorberei en natuurlik was sy fotografiese geheue ’n pluspunt,” luidens die verklaring.
Gedurende sy loopbaan het Botes drie jong regspraktisyns gementor en as ’n waarnemende regter gedien.
Hy het glo nie geskroom om sy fooi te verminder wanneer ’n kliënt dit nie kon bekostig nie en het dikwels tot skikkingskostes bygedra wanneer skikking die regte besluit was.
Daar word ook gesê dat hy gereeld die werkers by sy kamers ’n ekstra fooi gegee het om sy waardering te wys vir die maniere waarop hul diens sy werk vergemaklik het.
Hy was by verskeie hoëprofielsake betrokke. Hy het onder meer die Fishrot-beskuldigde, Ricardo Gustavo, verteenwoordig toe hy in die hooggeregshof geappelleer het teen die weiering van sy borgtog.
Hy was ook die regsverteenwoordiger van Jandré Dippenaar, wat glo verantwoordelik was vir die ongeluk wat die lewens van drie Duitse toeriste geëis het.
Botes was ook die regsverteenwoordiger van Vincent Likoro, ’n voormalige ministeriële raadgewer, wat tereggestaan het op aanklagte van verkragting, en Antoine Mbok, wat op bewerings van korrupsie moes antwoord.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie