'Al wat ek soek, is 'n werk'
Van asgate na Ongos Farm verskuif
Kuiiri Tjivahe het haar huis en werk weens die Covid-19-pandemie verloor.
Op die laaste plot in die informele nedersetting Ongos Farm staan ’n tent waarin Kuiiri Tjivahe (38) en haar twee seuns woon.
Die munisipaliteit van Windhoek het hulle in Maart vanjaar soontoe verskuif vanaf die asgate in Otjomuise.
“Ek het ’n kamer in Otjomuise gehuur en ons het daar gebly. In 2020 het ek weens die Covid-19-pandemie my werk as huishulp verloor. Sonder my inkomste kon ek nie meer die huur bekostig nie en ons het ons kamer verloor en moes na die asgate toe trek.”
Hulle het op die asgate gebly totdat die munisipaliteit ongeveer 40 mense na die uithoeke van Ongos Farm verskuif het.
Haar seun Atjihe (8) was in die Primêre Skool Otjomuise.
“Hy gaan tans nie skool toe nie, omdat die naaste skool meer as 10 kilometer vanaf die huis is. My ander seun Clever (3) gaan ook nie na ’n kindergarten nie omdat hier nie een in die omgewing is nie.”
Die naaste waterpunt is drie kilometer van haar tent af en die Katutura-staatshospitaal sowat 17 kilometer.
Tjivahe se buurvrou het baie hout en sy het haar gevra of sy kan help om die hout by die informele mark in Pionierspark te verkoop.
“Ek loop tot by die naaste taxistaanplek in Havana en dan ry ek Pionierspark toe en verkoop die hout sodat ek vir my en my kinders kos kan koop. Ek los my kinders gedurende die dag by die tent en vra die bure om ’n oog te hou. Ek moet hulle vertrou dat hulle dit gaan doen. Daar is niks anders wat ek kan doen nie.”
Tjivahe is op Opuwo gebore. Sy is een van nege kinders en die enigste kind wat graad 10 geslaag het.
“Baie van my broers en susters het nie eens graad 1 nie. Ek is die enigste met opleiding en dit is hoekom ek in 2016 Windhoek toe getrek het. Ek het werk gaan soek en geld vir my ma gestuur om die ander aan die gang te hou.”
Atjihe is baie hartseer dat hy nie meer skool toe kan gaan nie, want nou kan hy nie leer en ’n dokter word nie.
“Ek het die tent, matras en Solar-lampe van die kerk gekry en hulle het ons ook met kos gehelp, maar dit was lank gelede. Nou kom hulle nie meer nie, want hulle sê dit is te ver om te ry en die pad is te sleg. As iemand net sinkplate vir my kan gee sodat ek ’n huis vir my kinders kan bou en ’n werk sodat ek geld vir ons en my ma kan verdien, dan sal alles weer regkom.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie