Alex bereik Swakop vandag
Die 23-jarige Alex Gous wat die epiese staptog vanaf Tsumeb na Swakopmund aangedurf het om bewusmaking te skep van depressie onder mans, het Woensdag ná 13 dae die see bereik.
Hy het laatnamiddag in Hentiesbaai aangekom en gister vanaf Henties tot in Wlotzkasbaken gestap.
Vandag sal hy die laaste skof van sy sowat 620 kilometer staptog na Swakopmund aanpak.
Hy sal so rondom 09:00 vanaf Windpomp 14 vertrek en na die Mole stap.
Sy pa, Andries, wat hom tydens die staptog begelei het, het alle belangstellendes uitgenooi om môre die laaste paar kilometer saam met Alex te stap.
“Hierdie staptog het so baie in gemeen met die stryd wat depressielyers daagliks mee worstel. So kom en stap ter ondersteuning saam,” het hy gesê.
Alex is nou opgewek aangesien die einde in sig is. Woensdag in die woestyn – voor hy Hentiesbaai bereik het – was vir hom die moeilikste dag op sy staptog.
“Die woestyn het die geneigdheid om ’n mens te laat voel jy maak nie vordering nie; en dit maak dit nog moeiliker as jy omtrent 60 kilometer voor Henties op die Uis-pad geen selfoonopvangs het om jou in kontak met jou ondersteuners te hou nie.
Die landskap bly dieselfde en jy kry nie ’n baken om op te konsentreer en verby te stap nie, want daar is nie bakens nie,” het Andries gesê.
Volgens Andries het talle mense al gevra of hulle Alex finansieël kan ondersteun.
“Gebruik eerder die geld en nooi ’n vriend vir koffie en gesels met hom. Stel belang in hoe dit met hom gaan.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie