Alles vir die babas
Henriette Lamprecht - Twee vroue kombineer Sondag hul liefde vir sport en kwesbare kinders wanneer hulle die Cape Town Cycle Tour aanpak om geld vir All4TheBabies in te samel.
Michelle Steenkamp en Rene Strauss het saam met nog twee sportvroue All4TheBabies gestig ter ondersteuning en bewusmaking van die Ruach Elohim-stigting in Swakopmund, ’n veilige tuiste vir kwesbare kinders wat deur Ronel Peters op die been gebring is.
Die vier vroue het in Desember sowat N$230 000 vir die stigting ingesamel en Rene en Michelle hoop om Sondag met die ondersteuning van besighede en die publiek dié bedrag te oortref.
Rene het voor hul vertrek Kaap toe vertel sy het die gewilde fietsren in 2018 ook voltooi en Sondag is dit die derde keer wat Michelle deelneem. Dit sal egter die eerste keer wees dat hulle die fietsren wat oor 109 km deur die mooiste dele van die Moederstad strek vir liefdadigheid en hul “hartsaak” aanpak.
Mense kan Rene en Michelle per kilometer borg, terwyl besighede ook aangemoedig word om All4TheBabies te ondersteun.
Die rekeningbesonderhede is as volg:
All4TheBabies, takkode 280 472, rekeningnommer 64281439644, verwysing: Argus2024.
Rene kan, wanneer sy nie op haar fiets is nie, gekontak word by 081 248 1604 vir meer besonderhede vir enige finansiële ondersteuning.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie