Amerika wink vir jong pianis
“Ek het gereeld na klassieke musiek geluister en in 2020 – gedurende die Covid-hoktyd – het ek oorgenoeg vrye tyd gehad.
“Ons het ’n ou elektriese klavier in ons huis gehad en ek het besluit om myself te leer om dit te speel,” het die 16-jarige Allen Tambrescu gesê.
Allen – destyds 13 – het na die musiek geluister en dit dan probeer speel en só het hy homself klavier leer speel.
“Ek het besef as ek meer gevorderde musiek wil speel, moet ek leer hoe om note te kan lees en verstaan. Ek het by die Kollege van die Kunste (Cota) aangeklop en Howard Duminy was my musiekonderwyser.”
’n Pastoor het vir Allen by sy kerk se jeuggroep hoor speel en toe vir hom ’n kontak gegee om aan die Talent Africa-kompetisie deel te neem.
“Ek was geskok omdat dit so skielik was. Ek het ingeskryf en hier in Windhoek deelgeneem. Ek het in die instrumentale kategorie gewen. Daarna is ek genooi om as deel van Team Namibia in Suid-Afrika deel te neem. Ek kon egter nie fisiek daar wees nie aangesien ek skooleksamen moes skryf. Ek het virtueel deelgeneem en platinum gewen. Ek is laat weet dat ek Afrika in Talent America in New York kan verteenwoordig.”
Die kompetisie vind vanaf 8 tot 10 Julie in New York en New Jersey in die Verenigde State van Amerika plaas. Allen en die sangeres Rayne Sadler van Swakopmund is die enigste twee Namibiërs wat Afrika sal verteenwoordig.
“Ek is redelik senuweeagtig en oefen tans baie hard. Dis die eerste keer wat ek oorsee reis en ek sien uit om te wys wat moontlik is deur musiek.
“Dit vat nie regtig baie nie; ek het dit in drie jaar gedoen. Dit verg net baie oefening en toewyding. Ek wil net wys dit maak nie saak waar jy vandaan kom nie As jy regtig iets so graag wil hê soos om asem te haal, sal jy dit bereik. Solank jy die moeite doen en die werk insit.”
Allen se grootste droom is om ’n wêreldbekende klassieke pianis te word.
“Om dié droom te verwesenlik moet ek kapitaal hê, wat beteken ek moet skool klaarmaak en ’n graad kry. Ek wil ingenieurswese studeer terwyl ek geld spaar om my droom te bewaarheid. As ek dit nie as ’n klassieke pianis kan maak nie, moet ek ’n graad hê waarop ek kan terugval.”
KONSEKWENT
“Konsekwentheid is die sleutel tot sukses. Soms, wanneer ek oefen en sukkel, is ek gefrustreerd en wil net moed opgee. Dan staan ek op, vat ’n breek en probeer weer.
“Ek doen dit stadig oor en oor tot ek dit regkry. My klavieronderwyser het altyd gesê: ‘Elke gek kan vinnig speel, maar nie elke gek kan vinnig reg speel nie. So, watter gek is jy?’ Oefen stadig en wees konsekwent. Jy moet elke dag oefen – dit maak nie saak vir hoe lank nie, solank jy elke dag oefen.
“Ek het Chopin se Fantaisie Impromptu begin speel en wou talle kere moed opgee, maar ek het nie. ’n Paar ure later was ek weer terug agter die klavier, want om op te gee, is nie ’n opsie nie. Vandag kan ek dié meesterstuk vlot op ’n konsert speel en dit is tot nou toe my grootste prestasie.”
KONSERTE
Allen bied verskeie konserte aan om geld vir sy reis na die VSA in te samel.
Die eerste konsert is saam met die Namibiese Nasionale Simfonieorkes (NNSO) en Gazza op 2 en 3 Junie in die Nasionale Teater van Namibië (NTN). Op 16 Junie bied Allen en Rayne Sadler ’n geldinsamelingskonsert by Windhoek Gimnasium aan.
Hou sy Facebook en Instagram dop onder Allen Tambrescu aka @allenissimo vir nog Notes with Allen-optredes.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie