Armand neem tree van geloof
“Toe ek die besigheid begin het, het ek geen planne, kapitaal of gereedskap gehad nie. Ek het die besigheid besig met ’n boormasjien en ’n gereedskapkis wat halfpad vol was. As ek ’n tang nodig gehad het, moes ek dit koop of leen,” sê Armand le Roux, die eienaar van Handy Armand in Swakopmund.
Armand, ’n gekwalifiseerde en ervare werktuigkundige, het Windhoek vaarwel geroep en Swakopmund toe getrek om nader aan sy dogter, Ani, te wees.
Hy vertel sy verlede in die hoofstad was nie rooskleurig nie en hy wou ’n nuwe blaadjie omslaan.
“Ek het verskriklik gedrink. Ek was alleen en het in ’n karavaan in die garage se yard gebly. Dit wat ingekom het, het ek uitgedrink,” sê hy.
In Swakopmund was Armand werkloos. Hy sê hy het begin om nutswerkies te doen, aangesien hy nie kon wag vir werksgeleenthede om aan sy deur te klop nie.
“Ek het ’n rooi seël, so ek het nie verwag dat ek so lank sonder werk sou wees nie. Ek het nog nooit sonder werk gesit nie, maar ek het ’n tree van geloof geneem,” sê hy.
In daardie stadium het Armand nie ’n voertuig gehad nie en het met sy laaste sente besigheidskaartjies laat druk wat hy deur tot deur en by winkelsentrums uitgedeel het.
“Van die mense het gesê hulle het reeds iemand, ander het die kaartjie gevat en ’n paar het sommer gesê ek moet gou iets doen terwyl ek daar is,” sê hy.
Armand het stelselmatig die gemeenskap se vertroue in Handy Armand gewen en het ’n bekende gesig op die dorp geword.
“Selfs as vriende my bakkie leen, sê hulle mens kan nie so rondry nie, want waar jy gaan, herken mense die bakkie. Jy kan nie verby iemand ry sonder dat hulle groet nie,” sê hy.
Armand sê egter om vir jouself te werk, is nie so glansryk soos almal dink nie.
“Jy praat nagte om met die Here en stres oor hoe jy jou huur gaan betaal. As jy N$1 000 kry, kan jy dit nie net uitgee nie, want jy het nie ’n salaris wat aan die einde van die maand gaan inkom nie,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie