Atlete geniet hulself gate uit in Kenia

Iréne-Mari van der Walt
Die jong Namibiese atlete wat met behulp van weldoeners drafskoene gekry het om aan die Internasionale Skolesportfederasie se Wêreld-veldwedrenkampioenskappe in Kenia deel te neem, het volgens hul afrigter, Edward Kapewasha, ’n eens-in-’n-leeftyd-ervaring gehad.

Hy sê die groep, wat uit ses atlete bestaan het, het besienswaardighede in die Nairobi Nasionale Park geniet en is tydens ’n kultuuraand aan ’n verskeidenheid kulture blootgestel. Dit was die eerste keer dat al ses atlete buite Namibië se grense gereis het.

“Die reis was ’n avontuur. Die span het Namibië met trots verteenwoordig. Die ervaring wat ons opgedoen het, is iets waarop ons in die toekoms kan voortbou, met veldwedlope wat ontwikkeling in Namibië nodig het,” sê hy.

Alhoewel die Namibiërs nie topuitslae by die byeenkoms kon behaal nie, is Kapewasha trots op wat die groep kon bereik teen die lande wat by die byeenkoms teenwoordig was.

“Die span se prestasie was bevredigend as ons kyk na die reuse in die sport, soos Kenia, Uganda, Rwanda en Marokko,” sê Kapewasha en sê die span het ook opleiding ontvang teen die gebruik van verbode middels en hoe om hulself in sportkringe te beveilig.

“Die byeenkoms het nie net oor die kompetisie gegaan nie, maar dit was ’n geleentheid vir leerlinge van dwarsoor die wêreld om interaksie met mekaar te hê,” sê Kapewasha.

Die president van Kenia, William Ruto, het ook die amptelike opening van die byeenkoms bygewoon en ’n boom geplant om die geleentheid te vier.

SKENKING

Verlede week Woensdag was Nestory Shilamba en Johannes Jeremia op die punt om sonder drafskoene na Kenia te vertrek en sou kaalvoet aan die kampioenskappe moes deelneem as daar nie dringend ingegryp is nie.

Namibiërs het hul noodkreet op sosiale media gehoor en binne enkele ure het beide atlete met ’n splinternuwe paar drafskoene en bykomstighede gespog.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!