Monika Styger en Beatrix Cilliers die dryfkrag agter Montrix die hysbak by die Auas Hills-Aftreeoord. Foto Tanja Bause
Monika Styger en Beatrix Cilliers die dryfkrag agter Montrix die hysbak by die Auas Hills-Aftreeoord. Foto Tanja Bause

Auas Hills wy hysbak in

Tanja Bause
“Montrix” die nuwe hysbak is die naweek by die Auas Hills-aftreeoord in Windhoek ingewy.

Nou kan bejaardes wat in rolstoele sit of moeilik loop sonder probleme die gemeenskapsaal waarin ook kerk gehou word, biblioteek, haarsalon, apteek, fisioterapeut en restaurant bereik.

Die hysbakprojek is in Februarie 2017 van stapel gestuur. Deur onder meer pannekoekverkope, potjiekoskompetisies en lootjieverkope het die span vroue van die oord – onder leiding van mee. Monika Styger en Beatrix Cilliers – N$750 000 ingesamel.

“Dit het bloed en sweet gekos. Vroeë oggende om betyds by die markte in Windhoek te wees om ons pannekoek en jafels te verkoop en laat aande om die skottelgoed te was en te bêre, maar dit was alles die moeite werd,” het Cilliers gesê.

“Ek was so bly toe ek die eerste persoon in ’n rolstoel sien wat van die hysbak gebruik gemaak het. Dis vir hulle wat ons dit gedoen het. Nou kan almal deel wees van alles en niemand is uitgesluit nie,” het Styger gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer