Baanbrekers in landbou gegroet
Groot bome val in arabierperd- en simmentaler-bedryf
Huldeblyke stroom in vir Oom Mike Krafft en Holger Ismer, wat albei diep spore in die plaaslike landboubedryf getrap het.
Die plaaslike landboubedryf het die afgelope weke twee geliefde en bekende landbouers gegroet.
Die baanbreker-boer van Dordabis en bekende simmentaler-teler, oom Mike Krafft, is op 86-jarige ouderdom oorlede.
Arabierperdboere het ook vir Holger Ismer vroeër vandeesmaand gegroet – ’n uitnemende teler en beoordelaar van arabierperde wat oraloor die wêreld bekend en gesog was. Buiten dat hy plase in Namibië besit het, was hy ook die eienaar van die grootste plaas in Europa waar private teling van arabierperde gedoen is.
Ismer was wêreldbekend vir sy aanbieding elke somer van die Ströhen-skou in Duitsland, berig Arabian Magazine, ’n tydskrif gebaseer in die Verenigde Koninkryk (VN). Die mediahuis het ook sy medelye uitgespreek met die afsterwe van ’n “fantastiese teler en beoordelaar”.
OOM MIKE KRAFFT
Oom Mike het in 1958 ná sy pa, Nicolai, se dood, die boerdery op Ibenstein oorgeneem.
Krafft het reeds in 1964 met sy simmentaler-stoet begin, wat weer in 2012 deur sy seun, René, oorgeneem is.
Met die uitsondering van enkele jare in die laat 60’s en weer in die vroeë 80’s toe die Kraffts weens droogte met hul diere na onderskeidelik die Mangetti-blok en Platveld tussen Otavi en Otjiwarongo getrek het, is Ibenstein se stoetdiere ’n jarelange instelling by die Windhoek Skou.
Oom Mike het tydens ’n vorige skougeleentheid aan Republikein vertel hy het in 1975 sy karakoelstoet verkoop net voor die mark getuimel het, waarna hy hom volstoom op sy simmentaler-stoet toegespits het.
Alhoewel sy bekwame seun nou aan stuur van die stoet staan, is Oom Mike dikwels tydens skoutyd steeds langs die ring gesien as die simmentalers beoordeel word.
Intussen het huldeblyke van oraloor ingestroom.
Henriëtte Le Grange skryf op Facebook ’n groot boom, vir wie sy oneindige respek gehad het, het geval en sy spreek haar innige meegevoel uit. “Hy was ’n uitnemende boer en ’n groot gees in die Simmentaler-bedryf . . .”
Thomas Grupp het sy hartseer uitgespreek oor “sy vriend, ’n teler en ’n groot karakter” se afsterwe en het herinneringe van lang gesprekke met Oom Mike opgeroep. Grupp verwys na Oom Mike as iemand so “hard soos kameeldoringhout, ’n hoogs opgeleide, passievolle beesteler, jagter, natuurkenner en boer”.
Rynault van Wyk het ook ’n roerende huldeblyk aan Oom Mike op Facebook geplaas. Hy vertel van Oom Mike se voorliefde vir die gevlekte bees, simmentalers en dat hy die “Nama-taal vlot bemeester het”.
“’n Laaste paragraaf oor hierrie beskeie man, met sy sonnige geaardheid waarby jy sommer aanklank sou vind. Hulle het jaarliks die Rehoboth Skou kom inkleur met hul skoustringe. Hulle het gemeng en vermeng, hulle het braaivleis tot laatnag onnêrie kameelbome oppie skougronde geniet. . . natuurlik was daar soms ’n ‘skroefproppie’ by,” skryf Van Wyk en voeg by die Dordabis-gemeenskap en “simmentaler-tafel” is armer nadat die strydros tuie neergelê het.
“Loop mooi Herr Krafft, jy’t jou beskeie bydrae op vellerlei gebiede in hierrie baar woestynland gemaak,” het Van Wyk geskryf.
HOLGER ISMER
Namibië se dr. Barbara Scholz skryf Ismer was nóu betrokke in die Arabierperd Telersvereniging van Namibië en het ook dikwels Namibiërs na sy eiendom in Duitsland, Ströhen, genooi en aan dr. Hans Nagel voorgestel, die president van die Wêreld-Arabierperdorganisasie.
Scholz sê hy het oraloor die wêreld gereis om beoordeling te doen, terwyl hy op sy Namibiese plaas Aida ’n nederige lewe saam met sy wederhelfte Katja Diekmann en sy kinders gelei het. Hy word onthou vir sy droë sin vir humor en vrygewigheid.
“Holger laat ’n gaping in die Arabierperdgemeenskap in die hele wêreld – Pole, die Midde-Ooste, Duitsland, Suider-Afrika en veral Namibië – wat nie gevul kan word nie. Hy was enig in sy soort en die Namibiese Perdetelersvereniging voel die verlies van die uitsonderlike man . . .” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie