Berries was ’n ‘mense-mens’
Dit was sy grootste eer om een van die eerste swart joernaliste in Namibië te wees en wanneer hy in gesprekke oor sy suksesse gepraat het, was dit altyd die eerste sin waarmee hy mee afgeskop het.
Bernhardt (Berries) !Gaëb wat Dinsdag in die ouderdom van 65 jaar dood is, se passie vir sy loopbaan en die verandering en impak wat dit veral in die swart gemeenskap gebring en gemaak het, het deure vir ontluikende swart joernaliste oopgemaak, sê sy dogter Lo-Ammi Podewiltz.
“Veral voor onafhanklikwording toe daar ’n duidelike verdeeldheid tussen swart en wit was. Op ’n manier kon hy hierdie rasgaping oorbrug om die nuus te kry en dit te versprei.”
Haar pa sou die een oomblik met ’n swart man praat en dan net so ’n gemaklike gesprek met ’n wit man hê, sê Lo-Ammi.
“Ek het nie grootgeword in ’n huis waar wit superieur was nie, omdat hy so baie wit vriende gehad het. Daarom het ons as sy kinders dit ook so gedoen.”
Berries wat in die verlede ook deel van Republikein se redaksie was, kon sedert sy skooldae beter in Afrikaans skryf en praat as enige ander taal.
In 1978 – op die ouderdom van 21 –verseker ’n Afrikaanse opstel wat hy aan die Joernaal skryf, hom die spreekwoordelike voet in die joernalistieke deur toe hy by die sportlessenaar begin werk. In 1980 begin Berries by Die Republikein waar hy aanvanklik oor verskillende “beats” skryf, maar teen die einde van sy loopbaan by die koerant het hy hom goed ingegrawe in sy “eintlike beat” – politiek. In 1986 stuur die koerant hom na Wallis vir ’n ten volle betaalde beurs vir sy diploma in joernalistiek.
Die volgende jaar begin Berries sy loopbaan by die nasionale uitsaaier, NBC, wat hom met ’n beurs na dieselfde kollege stuur vir sy gevorderde diploma in joernalistiek.
“Dit was een van die dinge waarop hy die trotste was om oor te spog,” vertel sy dogter.
“Teen daardie tyd was hy die enigste persoon wat twee beurse gekry het om oorsee hierin te studeer.”
Ywerige leser wat haar pa was, het hy elke dag al die koerante gekoop en Vrydae al die weeklikse koerante.
“Een van die dinge waaroor my ma spot, is hoe ons altyd genoeg koerante het om die vensters mee skoon te maak!”
Berries het tot 1996 by die NBC gewerk waar hy by televisie en radio betrokke was. Hy val daarna as woordvoerder by TransNamib in waar hy tot 2004 werk, voor hy ’n voltydse kommersiële boer in die Mariental-gebied word. Jy kon hom egter nooit vir te lank van ’n pen en papier weghou nie, vertel Lo-Ammi, en Berries het voortgegaan om op ’n vryskutbasis vir New Era te skryf, terwyl hy ook vir ’n wyle in diens van die ministerie van inligting was. Later open hy en sy vrou, Mina, ook die Dulcis-gastehuis op Mariental, wat buiten sy boerdery, hom tot en met sy dood besig gehou het.
Hy was altyd so goed ingelig, daar was geen onderwerp waaroor hy nie iets van geweet het nie, sê sy. Of dit nou plaaslik, nasionaal of internasionaal was.
“Dit was asof sy brein altyd aan die gang was. Sake van die dag was altyd vir hom ’n onderwerp van bespreking. Hy kon met enigiemand praat, of dit nou ’n uitvoerende hoof of die man op straat was.”
Haar pa was baie welsprekend en kon homself baie duidelik in Engels en Damara/Nama uitdruk, maar sy voorkeur was Afrikaans.
“Hy kon daai taal praat, maar skryf kon hy dit beter skryf!”
Haar pa was ’n uiters maklike mens om mee te praat en die toonbeeld van ’n “ménse-mens”, sê Lo-Ammi en sy moet nog iemand kry met wie hy ’n gesprek gehad het wat hy nie op welke manier ook al geraak het nie.
Hy het integriteit en waardigheid gehad en dit is hoe sy hom altyd sal onthou.
“Sy gunstelingding om te sê as jy hom vra: ‘Hoeganit Papi?’, was ‘Ag nee jong, aanhou, moed hou, bek hou!’”
Berries word oorleef deur sy vrou, sewe kinders, 20 kleinkinders, twee broers en twee susters en ’n groot uitgebreide familie. Hy word op Saterdag 25 November op Mariental begrawe.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie