Bewaringslegende Leon gegroet
’n Goeie, lojale en geliefde vriend, kollega en baas.
Streng maar altyd regverdig en toeganklik. ’n Mentor en vaderfiguur volgens dié wat die voorreg gehad het om saam met en vir hom te werk en diep vriendskappe met hom gesmee het.
Vir sy drie dogters, Trudi, Heidi en Leoni, is daar die eindelose stories, liefde vir fauna en flora, visvang en slaap onder die sterre wat hy ook deel van húlle gemaak het. Buiten vir die stories kon hy ook sing en boonop talle instrumente – van die trekklavier en konsertina tot ’n mondfluitjie – bespeel. Sy teenwoordigheid is altyd gekenmerk deur sy sin vir humor en die staaltjies uit die dae toe hy as deel van die destydse natuurbewaring in die vroeë sewentigerjare sy merk in Etosha gemaak het – waar hy onder meer perdepatrollies ingestel en die park omhein het.
Leon (Daniel) van Rooyen is Woensdag op die ouderdom van 79 jaar ná ’n lang siekbed op Swakopmund oorlede en het diep spore getrap as een van Namibië se bewaringslegendes.
Hy is in 1944 in Natal gebore en as kind het hy twee mak leeus as troeteldiere gehad. Sy liefde vir plante en diere sou lei tot sy aanstelling by die Natalse Parkeraad in 1967 waar hy aan die kuslyn van dié provinsie en ook in die Drakensberge diens gedoen het. Danksy sy taalvernuf in Zoeloe het hy selfs ’n buiging op ’n Zoeloe-radiostasie gemaak. Hy is getroud met sy skoolliefde, Lilian, en het gaan boer met suikerriet en melkbeeste aan die oewer van die Buffelsrivier. Hy aanvaar mettertyd natuurbewaring as sy roeping en begin in 1974 in Etosha werk in ’n onsekere tyd met ’n oorlog op die grens. In sy nuwe tuiste help hy saam met ander groot name in natuurbewaring soos Danie Grobler en Hennie Theron en vele ander om olifante uit buurplase te hou, die swartneusrooibok na Etosha te bring en die park se grensdrade met perde te patrolleer.
Een keer moes hy noodgedwonge sy hele oorpak in sy perd se nekwond druk waar leeus dit beetgekry het. Die perd het oorleef.
Hy is bevorder na Windhoek waar hy in wetstoepassing spesialiseer – met vele koerantberigte wat lees soos ’n spannings- en misdaadroman oor die stryd tydens sy bewind teen langpadstropers, georganiseerde misdaad met olifanttande, renosterhorings, beskermde wild. Informante, hofsake en ook natuurbewaarders wat gementor moes word om in die hof teen ervare prokureurs getuienis te lewer, vorm ook deel van dié intriges. Een van sy groot projekte was om renosters te onthoring, waartydens hy noue bande met gemeenskappe en verenigings gesmee het. Nagoeste en beroepsjagters was ook deel van sy portefeulje en hy kon vinnig sê waar elke plaas en boer in die land is.
Met sy aftrede het Leon en Lilian na Hentiesbaai verhuis, maar steeds gereeld tyd gemaak om deur die land te toer en nuwe plekke saam met familie te besoek. Sy geliefde Lilian is ses jaar gelede dood.
Die viering van Leon se lewe en die “mensch”, pa, skoonpa, oupa, oupagrootjie en vriend wat hy was, vind Maandag 11 Desember om 11:00 by Riverside 46 in Kramersdorf, Swakopmund, plaas.
Hy word oorleef deur Trudi, Leon, Mia en Fiela; Heidi, Francois, Jané, Sophia, Johannes en Harmen; en Leoni, Pierre, Daniel en Simon.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie