Binnelanders-akteur oorlede
Aanhangers van die Afrikaanse sepie Binnelanders is geskok gelaat oor die dood van die akteur Bradley Olivier (wat die rol van Danny Jantjies vertolk het). Olivier is glo vanoggend weens 'n hartaanval oorlede. Buiten sy werk in die rol van Danny het hy ook onder meer die rolle van Rashid in Vaselinetjie en die rol van Johnny in Ballade vir 'n Enkeling vertolk. Huldeblyke van aanhangers stroom steeds in, maar geen verdere inligting is deur Binnelanders se amptelike kanale bekend gemaak nie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie