Bly eers leerling voor jy meneer word
Oorleef Tweede Wêreldoorlog as kind
Hagen Zimmermann is nou 64 jaar in sy beroep en hy glo daarin dat jy lief vir jou werk moet wees.
“Ek onthou dit soos gister. My ma het vir my broer op die grond laat lê, ek het bo-op hom gaan lê en my ma bo-op ons. Die volgende oomblik het die masjiengeweerkoeëls wat uit die vliegtuig gevuur is links en regs van ons die grond getref,” so onthou Hagen Zimmermann (83) van Zimmermann Garage Namibia die Tweede Wêreldoorlog.
Hagen is in Berlyn gebore en in 1942 het sy ma met haar twee kinders uit die stad gevlug weens die bomaanvalle.
“Ons was in die kelder toe die bomme geval het. Ek het ’n klein tas met my klere in gehad. Ek was oud genoeg om myself aan te trek terwyl my ma my jonger broer versorg het. Ek was vier jaar oud toe my ma besluit het om Berlyn te verlaat en vir veiligheidsredes na haar geboortedorp toe te gaan. Dit was presies soos dit nou is met Rusland wat die Oekraïne aanval.”
Die gesin het na Schlesien wat toe nog deel van Duitsland was, na die familiehuis toe getrek.
“Met ons aankoms daar was my ouma en oupa se huis reeds vol met ander familielede en ons moes op ’n plaaswerf gaan bly. Dit was vir my as seun die beste tyd van my lewe. Dit was wonderlik om op ’n hooiwa te kan ry, die hooi in te bring en in die skuur in te ry.”
In Januarie 1945 het ’n vragmotor op die plaaswerf aangekom en beveel dat almal binne die volgende 12 ure die plaas moet verlaat omdat dit nou aan die voorpunt van die gevegte was.
“Dit was bitter koud en in die buurdorp het die Dicke Bertha, ’n kanon, reeds gestaan en die hele tyd het ons die woem-woem gehoor soos die Duitsers op die Russe geskiet het.”
Die boer waar hulle gewoon het, was welgesteld en het ’n perdekar gehad waarop die familie een koffer kon laai. Met hul vertrek het hulle die boodskap gekry dat hul pa – wat ’n bevelvoerder in die weermag was – nie teruggekeer het nadat hy en sy manne gaan veg het nie.
“Ek was sewe jaar oud en my broer vyf en ’n paar maande. Ons mag nie op die wa geklim het nie; ons moes agter dit aanloop. Ons het in die sneeu en ys die 220 km per voet aangepak. Ek onthou toe ons ’n militêre konvooi raakgeloop het en ons langs mekaar gestaan het, het die vliegtuie op ons begin skiet. Ons het alles net so gelos en in die veld ingehardloop waar ons ma op ons kom lê het.”
Hulle het uiteindelik in Reichsgau Sudetengau aangekom, wat nou deel van Tsjeggië is. In Mei 1945 was die oorlog amper verby en het hulle besluit om huis toe te gaan.
“Ons het weer dieselfde 220 km teruggestap, maar dié keer was dit in Mei en nie só koud nie. Ons het ’n klein waentjie wat jy trek gehad waarop my ma se rugsak en my skooltas was. Dit was al wat ons besit het. Ons het terug na die familie in Schlesien gegaan. Ons het toe die boodskap gekry my pa was in Engelse gevangenskap, maar dat hy vrygelaat is. Niks kon ons meer keer nie en ons het snags op ’n treinspoor geloop om huis toe te gaan.”
Met hul aankoms in Duitsland is hulle die eerste nag in ’n varkhok toegesluit en toe in ’n kamp geplaas.
“Ons het erge honger gely. Ons het aartappelskille uit dromme gehaal, gekook en geëet, maar ons het dit oorleef. Ons is ná twee weke daar uit en op 12 Mei 1946 is ons met ons pa in Dietersheim verenig waar ek ook skool begin het.”
Ná SKOOL
Hagen was die tweede beste in sy klas toe hy sy skoolloopbaan voltooi het.
“Ek het my vakleerlingskap as motorwerktuigkundige in 1953 in Frankfurt begin. Ek is nou 69 jaar in die beroep. Van 222 leerlinge was ek onder die 22 bestes.”
In sy eerste jaar as vakleerling het Hagen onderdele gewas, die werkswinkel geskrop en was hy die algemene skoonmaker.
“Ek het heel onder begin; dit was eers in my tweede jaar dat ek toegelaat is om naby die voertuie te kom en te begin leer. Ek het nog ’n jaar daar gewerk ná die voltooiing van my vakleerlingskap. Ek het toe aansoek gedoen vir ’n pos in die buiteland en is Engeland toe gestuur waar ek eers die taal moes leer.”
Ná ’n jaar het hy terug Duitsland toe gekeer en in 1959 is hy Namibië toe gestuur waar hy vir drie jaar gewerk het.
“Ná die drie jaar was ek voorman. My kontrak was toe klaar en ek is terug Duitsland toe om my meesters te doen. Nadat ek ’n jaar as die bestuurder van ’n werkswinkel gewerk het, het ek die aanbod gekry om ’n werkswinkel in Windhoek te open en ek het die geleentheid aangegryp.”
WINDHOEK
Hagen was onder die indruk dat die werkswinkel gereed was en dat hy bloot sou moes begin werk.
Terwyl hy in die vliegtuig was, het hy ’n droom gehad van ’n werkswinkel met ’n hoop sand binne en houtvensterrame sonder ruite in.
“Toe ek by die werkswinkel aangekom het, was dit presies wat ek gekry het – geen ruite en geen sementvloere. Ek het vir die volgende ses weke manalleen gewerk om dit gereed te kry. Ek het die water- en lugpype aangelê. Ek het geld by my skoonpa geleen om ’n gereedskapkis en voertuighyser te koop.”
Op 17 Junie 1964 het hy sy deure oopgemaak en vir die volgende vier maande het hy alleen in die werkswinkel gewerk. “Ek het my onderdele self skoongemaak en alles self gedoen. Ek het onderdele in ’n emmer gesit en my vrou gestuur om nuwes te gaan koop. My vrou het my deur die jare baie gehelp en sy het al die jare die finansies en papierwerk behartig.”
Die voertuie het begin instroom en Hagen kon die werk nie meer op sy eie doen nie en in Desember van dieselfde jaar het hy sy eerste vakleerling aangestel.
“Ek het nog nooit bo my vermoë gelewe nie en alles wat ek verdien het, het ek in die besigheid teruggeploeg. As ek geld oorgehad het, het ek eerste gekyk waar en wat ek kan verbeter.”
Intussen het Zimmermann Garage getrek en uitgebrei. Hulle het vier toekennings as die handelaar van die jaar en tien van die klub van uitmuntendheid vir die beste Volkswagen-werkswinkel in suidelike Afrika ontvang.
Vir Hagen sal jy elke dag nog in sy blou oorpak by die werk aantref.
“Ek werk nie meer self in die werkswinkel nie; ek doen nou die papier- en administratiewe werk, maar as ek moet, help ek uit en doen ’n toetsrit of ontvang ’n kliënt se voertuig. Ek gee ook nog raad veral met die ouer voertuie waarmee ek baie ervaring het. My seuns, Rainer en Norbert, is meer en meer aan die stuur.”
RAAD
“Soos die Duitse gesegde lui: ‘Lehrnjaren ist kein Herrenjahren’. Jy weet niks en moet eers leer.
“Jy moet die beroep wat jy kies, kan volhou totdat jy nie meer kan werk nie. Dit help nie jy verander elke paar jare van beroep nie. Jy moet lief vir jou werk wees en dit moet nie ’n straf wees om soggens werk toe te gaan nie. Jy moet jou werk geniet.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie