Boer beseer in gasontploffing
’n Boer van die Otjiwarongo-distrik Kobus Roux het ernstige brandwonde opgedoen nadat ’n gasstoof Vrydagaand op die plaas Gemsbok ontplof het.
’n Familielede van Kobus Roux het die voorval aan Republikein bevestig. Roux is op Otjiwarongo gestabiliseer en na die Lady Pohamba Privaat hospitaal in die hoofstad geneem waar hy in die intensiewesorgeenheid opgeneem is.
“Hy sal na ‘n brandeenheid in Kaapstad oorgeplaas word,” het William Verdoes van Windhoek gesê.
Roux is die swaer van die bekende sakeman en filantroop van Otjiwarongo, Theo Borstlap, wat in Mei verlede jaar ernstige brandwonde op sy plot buite die dorp opgedoen het. Borstlap (68), die eienaar van Theo’s Spar, het op 6 Junie in die Milpark-hospitaal in Johannesburg gesterf.
Roux se vrou Lientjie, is wyle Borstlap se suster.
Verdoes sê Roux verkeer in ’n stabiele toestand, maar omdat Namibië nie oor ’n brandeenheid beskik nie, moet hy na Suid-Afrika oorgeplaas word.
“Die gasstoof het vermoedelik gelek en hulle het gas geruik. Oom Kobus was in die studeerkamer en het ook die gas geruik. Toe hy ondersoek instel en die oonddeur oopmaak, het dit ontplof. Dit was ‘n groot ontploffing, die hele huis is geruïneer,” het Verdoes gesê.
Niemand anders is in die voorval beseer nie. Die plaas is sowat 20 km noord van Otjiwarongo geleë.
“Dit was ’n fratsongeluk en die skok is groot. Hy is gelukkig om lewend te wees,” het Verdoes gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie