Boerdery deel van haar DNS
Hoenderboer, verpleegster én dosent
Ndasilohenda Katangolo-Nakashwa is onlangs as die eerste vroue-pluimveeboer van die jaar aangewys.
“Al wat ek vir jong vroue met ’n passie vir pluimvee kan sê, is kom ons maak landbou ons besigheid. Begin met wat jy het en groei van daar af. Eet is immers almal se saak en almal moet eet,” het Ndasilohenda Katangolo-Nakashwa (37) gesê.
Haar pluimveebesigheid, Ndinandali Smartfarming, is in die Omusimboti-nedersetting buite Oshakati geleë. Sy is onlangs as die eerste vroue-pluimveeboer van die jaar aangewys. Woman in Agriculture Namibia (WIAN) het dié kompetisie van stapel gestuur.
Ndasilohenda is in Swakopmund gebore en sy het by haar oorlede ouma in die Iikokola-nedersetting in die Omusatistreek grootgeword en skoolgegaan.
“Dit is my ouma wat die passie vir pluimvee in my aangewakker het. Hoenders is deel van jou lewe in ’n Oshiwambo-huishouding. As jy gaan kuier en jy kry nie hoender om te eet nie, dan voel jy nie regtig welkom nie. Jy hoef die hoenders ook nie regtig te voer nie, aangesien die hoenders wat in die nedersettings rondhardloop, alles vreet.”
Sy het ook landboukunde tot graad 12 gehad.
“Landbou was nog altyd deel van my lewe.”
Ná skool het sy egter by die Universiteit van Namibië (Unam) verpleegkunde gaan studeer en vandag is sy ’n dosent in die departement van openbare gesondheid by Unam se Oshakati-kampus.
BOER
Sy het in 2017 ’n gratis boerderykursus bygewoon wat Agribank aangebied het.
Haar man, Jekonia, het haar finansieel ondersteun om met haar hoenderboerdery te kan begin.
“Hy het my gehelp sodat ek kuikens en voer kon koop. Ons het in daardie stadium in Windhoek gewoon en hy het voorgestel ons koop 50 dae oue-slagkuikens.
“Ons het die kuikens in ’n tent in ons motorhuis gehou en ’n klein lampie vir hitte ingesit. Ons het die kuikens vir ’n maand só grootgemaak. Ná ’n maand het ons hulle na die Omusimboti-nedersetting geneem en daar verder grootgemaak. Mense het vinnig begin om die hoenders te koop veral op grootmaat, soos vir troues. Ek wou toe uitbrei en het dag oue-lêkuikens gekoop en 20 van hulle verloor, maar ek het nie opgegee nie. My oorspronklike idee was om slegs eiers vir ons eie huishouding te produseer, maar hulle het té vinnig té veel vir ons geword. Ons het die eiers eers aan die bure gegee en later begin verkoop.
“Ons het die lêhoenders vermeerder tot ’n hanteerbare getal in terme van voer en plek vir die hoenders om te bly, terwyl ons aan die vraag vir eiers in die nedersetting wou voldoen en dit is waar ek nou is. Ek maak 20 bokse per week met 30 eiers elk.” Ndasilohenda het tans 300 hoenders.
Volgens haar is pluimveeboerdery maklik.
“Jy moet net die hoenderhok skoonhou asook hulle voer en waterbakke. Jy moet sorg dat hulle genoeg kos en water het. Jy moet ook na hulle gesondheid omsien en medisyne vir hulle gee.”
“Ek en my man is ook groenteboere wat mielies, tamaties, soetpatats, spinasie, botterskorsies en groenrissies aanplant. Ons is egter baie lief vir pluimveeboerdery, omdat hoenders maklik is om aan te hou en vinnig groei.”
TOEKENNING
WIAN het die kompetisie vir vroue-pluimveeboere van stapel gestuur en Feedmaster Namibia het die kompetisie ondersteun.
“Om te wen is opwindend en oorweldigend, maar omdat ek ’n kommunale boer is, kan ek vir mense in die nedersetting wys hoe boerdery ’n inkomste vir hulle kan genereer. In die toekoms wil ek my pluimveeboerdery uitbrei en my kennis met ander boere deel. Ek gee gratis basiese mentorskap vir vroue wat in landbou of pluimveeboerdery belang stel. Ek wil graag in die toekoms meer vroue in landbou wil sien en sien hoe hulle floreer.”
RAAD
“Vir elke vrou daar buite sê ek, vind jou passie. Dit hoef nie pluimvee, landbou of boerdery te wees nie, maar vind jou passie en doen dit. As dit is om te boer, gaan besoek plase, vind ’n mentor, soek ander mense met dieselfde passie en vra vir hulp. Vra vir hulp ongeag of dit tegniese hulp, raad of finansiële hulp is. Vra.”
Volgens Ndasilohenda bly ons in ’n globale nedersetting en is inligting geredelik beskikbaar en net die druk van ’n knoppie ver.
“Google as jy iets nie weet nie. Soek dit op en leer en kry hulp.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie