Borg nóú ’n boks
Oor 93 dae is dit Kersfees en vir talle beteken dit ’n spesiale pakkie onder ’n boom vol liggies en linte met jou naam op.
Vir menigte wees- en weerlose kinders in Namibië is dié voorreg van ’n geskenk hulle nie beskore nie en is Kersdag maar net nog ’n dag. Maar danksy die Santa-skoenboksprojek sal behoeftige kinders in 13 dag- en nasorgsentrums in Namibië en wel Windhoek, Walvisbaai en Ongwediva vanjaar elk ook hul eie pakkies ontvang.
Namibiërs het nou tot einde Oktober die geleentheid om te kies by watter sentrum en hoeveel skoenbokse hulle vir ’n behoeftige kind sal borg. Tans staan die borgskappe van skoenbokse vir kinders op Ongwediva op 78% en op Walvisbaai op 34%, terwyl geen skoenbokse tot op hede vir die betrokke dagsorgsentrums in Windhoek geborg is nie.
Die Santa-skoenboksprojek het in 2006 met ’n skrale 180 skoenbokse in Kaapstad ontstaan. Die afgelope 18 jaar is Santa-skoenbokse aan meer as 1,2 miljoen minderbevoorregte kinders uitgedeel by meer as 1 000 opvoedkundige en sorggeriewe oraloor Namibië en Suid-Afrika. Elke skoenboks bevat agt vereiste items – ’n tandeborsel en tandepaste, waslap en seep, lekkers, ’n speelding, skoolbenodighede en ’n uitrusting of klere – alles nuut en geskik vir die betrokke kind se ouderdom. Skoenbokse word aan kinders geborg wat in die onderskeie skenkers se eie gemeenskappe woon. Buiten vir die Santa-skoenboks het die projek ook ’n sosioëkonomiese ontwikkelingsinisiatief – die SSB Legacy – wat op vroeë kinderontwikkeling (ECB) fokus.
Die doel is nie net om nuwe ECD-sentrums te vestig nie, maar ook om bestaande sentrums in landelike gebiede te vernuwe in ooreenstemming met die vereistes vir registrasie by die departement van onderwys om sodoende toegang tot maatskaplike toelaes te verseker.
ECD-praktisyns ontvang ook opleiding om te verseker dat die kinders hul ontwikkelingsmylpale bereik, terwyl leeshoekies in die sentrums ingerig word om te verseker lees is deel van alle aspekte van ECD en dit sluit fyn motoriese vaardighede, taal, sowel as kognitiewe en sosio-emosionele ontwikkeling in.
Die begunstigde sentrums in Namibië vir wie se kinders inwoners hul harte en beursies kan oopmaak om ’n Santa -skoenboks te borg, is: Ubuntu Jambekwa Preprimêr en Dagsorgsentrum, Bellas Preprimêr; Bakanja Preprimêr; El Shaddai-voorskoolsentrum; St Matthews Anglican Parish; Community Preprimêr; Promiseland Trust; Planet Brain Academy; Mammadu Dagsorg; Smiley’s National Charity House; Grace Preprimêr en Dagsorg; Ankamba Primary Preprimêr en Okatana Primêre Skool.
Vir Walvisbaai kan die skoenbokse op 8 en 9 November vanaf 09:00 tot 16:00 by Jumbo Charcoal afgelewer word.
Die kontakpersoon is Natasha Lombard en sy kan by [email protected] of 081 148 7030 bereik word.
In Windhoek kan skoenbokse op 26 Oktober vanaf 10:00 tot 14:00 en op 28 Oktober vanaf 10:00 tot 18:00 op die hoek van Springbok- en Gnustraat in Suiderhof afgegee word. Kontak vir Silke Beiter by [email protected] of 0811271799.
In Ongwediva kan die skoenbokse op 2 November vanaf 10:00 tot 17:00 by Imanuel Shafidi-straat 807 afgelewer word. Elvira Martin is die koördineerder en kan gekontak word by [email protected] of 081 246 1972. Vir meer inligting oor die Kersprojek wat kinderharte verbly, gaan loer op die webtuiste santashoebox.org.za.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie