Bottel van hoop voer familie van vier
Gedurende die eerste Covid-19 hoktyd het mense Maryna Blignaut se deurklokkie gelui en vir kos gevra.
“Die mense mag toe nie eens op straat gewees het nie, maar hulle was honger en wat moes hulle doen? Daar was talle wat gevra het of hulle my erf kan hark, of my huis kan skoonmaak. Ek het maar net verduidelik dat hulle nie eintlik eens op straat mag wees nie en dan het ek vir hulle kos gegee. Ek het begin om ekstra mieliepap, sop en blikkies vis aan te koop om vir die mense te gee.”
Op sosiale media het sy toe van Jar of Hope gelees en begin om bottels met die sopmengsel te vul en dit vir die mense gegee.
“In ’n Jar of Hope is rys, ’n droë sopmengsel, soppoeier, lensies en ’n aftrekselblokkie. Mense gooi die hele bottel se inhoud in ’n pot, kook dit tot die gaar is en vier mense het sop om te eet.”
Ná Covid-19 het sy opgehou om die bottels vol sopmengsel te vul, tot sowat ’n maand gelede toe sy weer Jar of Hope se bladsy raakgesien het.
“Ek het vir mense op my Facebookblad gesê dis ’n goeie idee en dat hulle dit behoort te doen en vir honger mense gee wat by hul huis verbykom. Drie weke gelede het ek besluit om die leiding te neem en die projek te koördineer.”
Aanvanklik wou sy veral die bejaardes help wat van hul pensioen oorleef.
“Ons het ’n klomp Jars of Hope by die Seniorpark-ouetehuis afgegee en ook aan ander behoeftige mense, soos op straathoeke. Mense wat van iemand of ’n organisasie weet wat hulp benodig, kan op Facebook (Jar of Hope Namibia) vir my ’n WhatsApp met die kontaknommer stuur. Ook mense wat leë bottels of droë bestanddele wil skenk, kan my daar bereik.”
Volgens Blignaut het talle mense reeds skenkings gedoen, selfs met gevulde bottels. Die bottels word met ’n halwe koppie elk van rys, droë sopmengsel en lensies gevul. Daarby kom ’n pakkie sop en ’n aftrekselblokkie.
Op elke bottel is ’n plakker wat deur Gateway Printing geskenk is, waarop aanwysings is hoe om die sop gaar te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie