Brei jóú blokkie vir ’n goeie doel

Henriette Lamprecht
Die bolle wol het gerol en die hekel- en breipenne het omtrent tydens Knit-A-Bit Windhoek se eerste marathon geklik, met die doel om genoeg blokkies te brei om 100 komberse mee te maak.

Een kombers bestaan uit 35 blokkies wat elk 20 cm x 20 cm groot is en volgens die organiseerder, Alida Siebert, is daar “omtrent baie blokkies gebrei en gehekel vir komberse vir bejaardes!”.

“Daar was omtrent baie jong vroue, selfs twee jong meisies wat hul ma’s leer hekel het,” vertel Alida, wat hoop om dit weer in die hoofstad met nóg ’n groter opkoms aan te bied.

Buiten dat Knit-A-Bit ’n gemeenskap bou van mense wat hekel en brei, is die doel ook om komberse vir verskeie gemeenskapsinstansies, soos ouetehuise en skole, te brei en te hekel.

Indien jy graag wil help en betrokke wil raak om die harte en lywe van kwesbare mense warm te maak, kan Alida by 081 128 8447 gekontak word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!