Brigitte Bardot se hart vir troeteldiere

Tanja Bause
Die twaalfjarige Waar is jy is een van 47 troeteldiere wat onlangs by Spitzkoppe tydens ’n sterilisasie- en kastrasieveldtog reggemaak is.

Sy eienaar, mnr. Petrus Gurirab, sê toe hy klein was, het hulle hom altyd gesoek en hy het só sy naam gekry.

“My nefie het altyd geroep: “Waar is jy?, Waar is jy?” en die naam het gebly. Ek het hom vir sy spuite gevat en toe sê die mense ek kan hom ook laat regmaak. Ná die operasie en narkose was hy baie deurmekaar en hy kon nie loop nie. Hy is te swaar vir my om te dra en ons bakkie was in die veld. Ek het huis toe geloop en die kruiwa gaan haal om hom by die huis te kry. Hy het die hele dag geslaap en die volgende dag het hy gemaak asof niks gebeur het nie.”

Die Have-a-Heart-stigting het die eerste sterilisasie- en kastrasieveldtog in dié dorp gereël nadat hulle ’n skenking vir die sterilisasie van 500 diere van die Brigitte Bardot Foundation (BBF) in Frankryk ontvang het.

Volgens me. Geesche Neuburg van Have-a-Heart het ’n Namibiër wat in Australië woon, hulle van die BBF vertel.

“Haar familie bly nog in Swakopmund en sy het voorgestel ons doen aansoek by die BBF vir finansiering. Dr. Hartmut Winterbach van die Swakopmund Vet Clinic en sy span het die eerste 57 troeteldiere op Arandis reggemaak.

“Volgende was die span op pad na Spitzkoppe. Beide die dae was broodnodig en in plekke waar ons voorheen nog nooit was nie.”

Mnr. Riaan Theron, bestuurder van die Spitzkoppe Rest Camp, het verblyf, ’n deel van die brandstofuitgawes en kos aan die span geskenk.

“Die katte was veral besig om hand uit te ruk. Hulle het ’n las by die kamp begin word en ons moes ’n plan maak. Have-a-Heart het gehelp en het tien katte reggemaak. Nou is almal gelukkig.”

“Ons bied die dae aan vir die eienaars van honde en katte, maar ons dwing niemand om hul troeteldiere te bring nie. Wat Spitzkoppe besonders maak, is dat die hele gemeenskap ons om hulp gevra het. Ons sal beslis in die toekoms nog sulke dae vir die gemeenskap hou.”

Al die diere wat reggemaak is, is ook ingeënt en teen parasiete behandel.

Volgens me. Jacky Goagoses, landboutegnikus by Spitzkoppe, het die gemeenskap in hordes opgedaag.

“Hulle het die dag verwelkom en was dankbaar dat hul diere reggemaak kon word. Gewoonlik kom net die staatsveearts hiernatoe en gee inentings vir hondsdolheid, maar dit gebeur ook nie elke jaar nie.”

Die BBF is in 1986 deur die Franse aktrise Brigitte Bardot gestig en is toegewy aan dierebeskerming.

Dit is die eerste keer dat Have-a-Heart of Namibië ondersteuning van dié stigting ontvang.

Kommentaar

Republikein 2025-01-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 25° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 22° | 30° Oshakati: 22° | 27° Ruacana: 18° | 30° Tsumeb: 20° | 24° Otjiwarongo: 17° | 27° Omaruru: 19° | 30° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 19° | 29° Henties Bay: 17° | 18° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 21° Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 27° Lubumbashi: 16° | 18° Mbabane: 19° | 21° Maseru: 17° | 26° Antananarivo: 15° | 31° Lilongwe: 18° | 20° Maputo: 24° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 17° | 21° Durban: 21° | 22° Johannesburg: 17° | 20° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 19° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!