'Broers' braai hul harte uit
’n Liefde vir Namibië, braai en die buitelug is die wenresep vir Kyle Burger en Kyle Saunders se besigheid, BraaiBrothers.
Burger en Saunders, beide 22 jaar oud en oudleerlinge van Pro-Ed Akademie in Swakopmund, is al sedert graad 1 vriende.
Burger het ná skool BCom Regte aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom gaan studeer.
“Ek het myself nie gesien praktiseer nie, maar het die basiese kennis gesoek vir ’n beter agtergrond in die sakewêreld en alles wat daarmee saamgaan. Ek het iewers in my agterkop die idee van my eie besigheid gekoester.”
Saunders het ’n aanlyn kursus in Besigheidsbestuur begin, aangesien hy ook drome gehad het om eendag sy eie besigheid te besit.
“Nadat ons albei ons kursusse voltooi het, was die droom om vir ’n jaar of twee oorsee te werk binne ons bereik en in Maart 2024 het ons ons tasse gepak, op ’n vliegtuig geklim en Frankryk toe gevlieg om daar op die seiljagte te gaan werk,” vertel Saunders.
“Die gras is nie groener aan die ander kant van die draad nie!”
Só beaam Burger wanneer hy oor hul tydperk in die buiteland uitbrei.
“Daar was soveel dinge wat nie uitgewerk het nie, maar waaruit ons heelwat lewenslesse geleer het en dus kan ’n mens nie spyt wees nie.
“Toe ons egter weer ons voete op Namibiese grond gesit het, het ek myself belowe dat ek nooit weer die land sal verlaat nie!”
In daardie paar maande wat hulle in die buiteland was, het hulle erg na Namibië en sy mense verlang. Hulle het tot laat in die nag gedagtes uitgeruil oor hoe om in Namibië te kan bly en op ’n volhoubare grondslag te kan werk.
“Ons is al deur heelwat sakemodelle en idees! Sommige is dadelik afgeskiet en ons het ’n paar dae op ander gebroei.
Saunders erken hulle moes oor en oor na die tekenbord terugkeer. Een ding waarvan hulle baie kennis gehad het, was om te braai en dus was dit ’n hoofgedagte in hul beplanning.
Saunders sê alles het een aand begin toe hulle vriende van Noorweë (wat in Swakopmund was) vir ’n eg tradisionele Namibiese braai-ervaring genooi het.
“Ek weet nog nie wie dit die meeste geniet het nie, die gaste of ons wat die braai aangebied het, maar die hele geleentheid was iets besonders.”
Die staanrib, die potbrood, die mopaniehoutvuur, die gelag en grappies en later ’n les om die gaste ’n paar Afrikaanse woorde te leer, het die “broers” tot die gevolgtrekking laat kom dat dit ’n konsep is wat verdere ondersoek verg.
Hulle het tot die besef gekom dat hulle die aand se ervaring met meer mense en veral met toeriste wil deel.
Navrae aan ’n paar akkommodasiegeriewe en toeroperateurs het hulle die idee gegee om hulself as persoonlike sjefs aan toeriste in veral selfsorgeenhede te bemark, en so is BraaiBrothers gebore.
BraaiBrothers is ’n spysenieringsdiens. Hulle fokus hoofsaaklik op toeriste in Airbnb’s en korporatiewe geleenthede soos spanbou- en jaareindfunksies. Hulle spesialiseer in verskeie braaispyskaart-opsies maar het ook ’n ontbyt-opsie.
BraaiBrothers het al die toerusting en neem al die bestanddele en bykomstighede na die venue en berei dan die kos voor op die vuur. Die venue moet oor braaigeriewe beskik, maar binne perke kan hulle ook braaidromme verskaf vir funkies op die strand of iets soortgelyks.
Alhoewel BraaiBrothers nog in sy kinderskoene is, werk Burger en Saunders baie hard aan hul besigheid en is hulle dankbaar vir al die boodskappe en ondersteuning wat hulle van die gemeenskap ontvang. Hulle is baie opgewonde oor wat die toekoms vir hulle inhou.
Vir besprekings kan BraaiBrothers by 081 859 2981 gekontak word, of stuur ’n e-pos na [email protected].
Volg hulle ook op sosiale media: Facebook (Braaibrothers), Instagram (BraaiBrothersNam) en TikTok (BraaiBrothers).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie