Caleb gee om vir ander
“Toe ek hierdie sien was dit eintlik vir my ’n skok – ek was so verbaas. Toe ek dit sien, het ek gedink iewers doen ek darem iets reg.”
So sê Su-Marie Esterhuizen oor haar seun Caleb le Roux (9) wat onlangs deur Laerskool Walvisbaai met balkies vir omgee en betroubaarheid vereer is.
Caleb het tydens ’n sporttoer in die hoofstad ’n indruk op sy onderwysers gelaat toe hulle besig was om toerusting op te pak en hy uit sy eie uit sy maats bymekaar gemaak het om alles te help wegpak.
Hy het daarna ook rommel opgetel op die terrein waar hulle was en selfs toe die bus gereed was om te vertrek opgemerk dat een meisie nie op die bus was nie.
Sy klasonderwyseres, Landi Moolman, en sy ma sê albei dat dit nie buitengewoon vir Caleb is nie.
“Dit is net hoe hy is. Hy is altyd die eerste een om sy hand op te steek en as ek vra of iemand ’n maatjie kan help is hy altyd die eerste een om te help – al weet hy nie eens wat hy moet doen nie.
“Hy is elke dag so, en hy doen dit nie om raakgesien te word nie,” sê sy onderwyseres.
Su-Marie sê haar seun is beskermend teenoor ander, veral jonger kinders.
“Hy kyk altyd uit vir ander kinders en is altyd bekommerd oor ander mense,” sê sy.
Sy sê sy was senuweeagtig om Caleb op die toer na Windhoek te stuur, want dit was die eerste keer dat hy alleen van die huis af weg sou wees.
“Hy het my verbaas – hy was nie buitensporig met sy geld nie en dit is vir my verbasend dat die skool raakgesien het wat hy gedoen het,” sê sy.
Sy sê ook dat Caleb se gemeenskap by die skool “’n groot impak op hom het”.
Caleb sê hy het sy behulpsame maniere by sy ma en sy pa geleer en hoop om eendag “’n rugbymeneer” te word. Hy is self ’n kranige rugbyspeler en verduidelik dat hy enige posisie sal speel.
“Aan die begin was dit ’n aanpassing, want hy moes eers leer dat dit nie net oor jou gaan nie, jy is in ’n span, maar toe hy dit eers besef het, het dit goed begin gaan,” sê sy.
Wanneer Caleb nie by die skool is of rugby speel nie, sê sy ma speel hy graag buite.
“Hy het onlangs begin Playstation speel, maar dit hou nie lank nie. Hy is ’n buitekind,” vertel sy.
Caleb en sy boetie, Liam (5), is glo albei lief om buite te speel en hoewel die twee soms kan stry, sê Su-Marie dat Caleb hom ook oor Liam ontferm.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie