• Tuisblad
  • Mense
  • Cha’risse ‘het altyd ’n glimlag op haar gesig’
Cha'risse van Wyk moet ˊn peperduur beenmurgoorplanting kry. Foto argief
Cha'risse van Wyk moet ˊn peperduur beenmurgoorplanting kry. Foto argief

Cha’risse ‘het altyd ’n glimlag op haar gesig’

Iréne-Mari van der Walt
Die tiener wat juweliersware maak om geld in te samel vir haar kankerbehandeling is een van vele wat by ’n beenmurgoorplanting kan baat.

Die Suid-Afrikaanse Beenmurgregister (SABMR) het egter slegs 69 moontlike skenkers uit Namibië gevind sedert die SABMR agt maande gelede met die hulp van die Kankervereniging van Namibië (CAN) Namibiërs versoek het om beenmurgskenkers te word.

Tans hou Cha'risse van Wyk se deurlopende chemoterapie, wat elke maand sowat N$40 000 beloop, haar aan die lewe, maar ’n beenmurgoorplanting – wat sowat N$5 miljoen sal kos – kan haar lewe red.

“Dit is moeilik, maar ons vat dit dag vir dag,” sê Cha’risse se ma, Charmain.

Sy sê die kennis van die hoë koste van haar mediese behandeling raak wel haar dogter, maar ten spyte daarvan het sy altyd ’n glimlag op haar gesig.

In November verlede jaar het die Springbok-rugbyspeler, Duane Vermeulen, van sy rugbystewels geskenk wat opgeveil is om Cha'risse se mediese koste te dek. Vermeulen en die bekende Afrikaanse musikant, Appel, het die stewels geteken.

“Daar is ’n groot kans dat ’n skenker en die pasiënt dieselfde taal sal praat, want ons erf menslike leukosiet-antigeen (HLA) met rasselyne,” het Zaahier Isaacs, die hoof van pasiëntdienste vir die SABMR, in Oktober aan Republikein gesê.

Juis om hierdie rede het die SABMR ’n beroep op mense van kleur gedoen om beenmurgskenkers te word, aangesien die gebrek aan mense van kleur op die beenmurgregister die kanse op ’n skenking ernstig belemmer.

“Wanneer ’n wit persoon by my instap, is daar ’n 78%-kans dat ek hulle kan help, maar vir mense van kleur daal dit tot 28%,” sê Isaacs.

Uit die 69 aansoeke wat van Namibië ontvang is, is 80% van diegene wat aansoek doen wit.

“Suid-Afrika en Namibië deel genetiese agtergronde in die Khoisan en het dus gene wat skaars is in die genetika van ons mense,” sê Isaacs.

Hoewel Isaacs glo dat Cha'risse maklik ’n geskikte beenmurgskenker kan kry, probeer die Van Wyk-gesin steeds die miljoene bymekaarskraap vir haar behandeling.

Namibiërs wat graag wil bydra tot Cha'risse se mediese uitgawes, kan ’n skenking in die volgende bankrekening maak:

Cha’risse van Wyk

Bank Windhoek/Grootfontein

Rekeningnommer: 803 577 0278.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!