Charlie’s, jou huisie by die see

Tanja Bause
Aan die einde van 2021 – gedurende die Covid-19-pandemie – het Charlie Kooiman vir 24 uur aaneenlopend in die koue wind en weer deur vyf dorpe in Nederland gestap om geld vir N/a’an ku sê se teenstropingseenheid in te samel.

Sy het voorheen vir N/a’an ku sê gewerk en toe sy in Nederland vasgevang is, wou sy iets vir die eenheid se lede doen, wat sy almal persoonlik geken het. Sy het sowat N$110 000 vir nuwe klere en opleiding ingesamel.

“Intussen het baie gebeur en toe ek uiteindelik my studievisum gekry het, het ek van Windhoek na Swakopmund getrek om my vliegopleiding by die Swakopmund Flying School te begin,” het sy gesê.

Charlie wat reeds mal oor Namibië was, het verlief geraak op Swakopmund en vinnig besef dat dié kusdorp haar permanente tuiste in Namibië sal wees.

“Saam met my passie vir wilde lewe, natuurbewaring en lugvaart, is ek passievol oor toerisme en gasvryheid. Dus het ek verlede jaar die volgende droom verwesenlik en ’n huis is Kramersdorf in Swakopmund gekoop. Met ’n ongelooflike span mense het ons dit in ’n rustige, knus en natuurlike gastehuis omskep, wat sy deure aan die einde van 2023 geopen het,” het sy gesê.

Charlie het dit haar missie gemaak om net met plaaslike mense en maatskappye te werk.

“Ek hoop jy kan die liefde en toewyding voel wat almal in hierdie unieke gastehuis geplaas het en ek hoop dat jy tuis sal voel van die oomblik af wat jy hier aankom.”

Charlie’s Guesthouse het vier dubbelkamers en twee gesinskamers. Al die kamers het ’n en suite-badkamer en ’n privaat of semi-privaat stoep. Hulle kan altesaam 16 gaste huisves.

“Terwyl daar geen TV in jou kamer is nie – aangesien ek eerder wil hê jy moet Swakopmund ervaar, verken en beleef – bied ek natuurlik gratis Wi-Fi aan sodat jy verbind kan bly. Ons kan ook jou aktiwiteite in en om Swakopmund tydens jou verblyf by ons bespreek.”

“Om ons opening te vier, wil ek die lesers van Republikein ’n 15%-afslag gee wat hulle met hul volgende bespreking tussen nou en einde April 2024 kan gebruik. Stuur ’n epos na [email protected] om jou verblyf by ons te bespreek en gebruik die kode REPUBLIKEIN15.”

“Ek en my span kan nie wag om al die Republikein-lesers by Charlies’s Guesthouse te ontvang nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!