'Daar is ’n groot kind binne my'

Iréne-Mari van der Walt
"Om by kinders te wees, maak 'n mens heel. Mens leer om meer te luister," sê Vanessa Noterman wat jare reeds ’n voorskoolse- en nasorgsentrum Kids@Heart in die hoofstad bestuur.

"Ek dink ek is net die soort mens wat maklik bande vorm met kinders ... Ek dink daar is ’n groot kind binne my wat kinders laat gemaklik en vry voel," sê Vanessa.

Vanessa is oorspronklik van België en het nooit daaraan gedink om met kinders te werk nie.

"Ek het vir ’n reisagentskap in België gewerk. Baie keer het hotelle aktiwiteite vir kinders en ek het later verantwoordelik geword vir die miniklub. Dit was verantwoordelik vir die kinders se vermaak en en daar het ek besef hoe lief ek daarvoor is. Ek is een van daardie mense wat ’n toiletrol kan optel en aan tien speletjies dink waarvoor ons dit kan gebruik," vertel sy.

Toe sy vroeg in haar twintigs siek geword het, het sy saam met haar ma in Namibië kom vakansie hou waar sy later werk gekry het.

Eers toe Vanessa later kinders van haar eie het, het sy weer met kinders begin werk.

"Toe my kinders na die dagsorg begin gaan het, het ek my vorige baas daar ontmoet. Ek het mettertyd begin uithelp en het later by haar my sentrum begin," onthou sy.

Kids@Heart is gebou op die basis van leer deur speel.

"Kinders is nie gemaak om vir ure voor ’n bord te sit en inligting in te neem nie. Ek glo ons moet skool ’n avontuur en kinders opgewonde maak om skool toe te gaan," sê sy.

By Kids@Heart kry kinders ook individuele aandag en word daar klem geplaas op emosionele ontwikkeling.

"Daar is argumente, maar dan probeer ons die kinders aanmoedig om binne hulself te kyk. Ons vra vir hulle wat hul rol daarin was. Ten spyte van die feit dat die ander een se reaksie ook verkeerd was, wat het jy gedoen? Dit maak ’n groot verskil in die skep van vrede," sê sy.

Kinders se sin vir pret word hier ook ’n prioriteit.

"Kinders speel en ons wil hulle aanmoedig om te speel. Ons doen verskeie aktiwiteite waarin hulle op verskillende maniere moet speel - op ’n mat, met hulle verbeelding ... Ons laat geen fone en geen rekenaars toe nie, so hulle moet werklik leer speel," sê sy.

"Ek sien myself nie as die ouer na wie hulle moet luister nie. Ek ek sien myself meer as ’n gids wat hulle moet leer hoe om deur die lewe te gaan. Ek is steeds die ma van my kinders, maar ek kan hulle nie besit nie. Baie ouers huil nie voor hul kinders nie, want hulle wil voorgee dat alles perfek is. Ons hoef nie hierdie perfekte prentjie te hê nie en ons hoef nie voor te gee nie. Ek maak ook foute met my kinders en dan moet ek vir hulle jammer sê en erken dat ek ’n fout gemaak het," sê sy.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!