Dalene deel haar liefde vir lekker kos

Iréne-Mari van der Walt
Die Nedbank Swakop Food Fest is reeds vyf jaar lank ’n hoogtepunt op elke “foodie” in Namibië se kalendar. Hierdie gewilde fees skop vandag in Swakopmund af.

Die stigter en organiseerder van die fees sê egter die fees is noodgedwonge begin.

“Ek het regtig net probeer oorleef. Finansieel het ek deur ’n baie moeilike tyd gegaan en moes aan iets dink om my besig te hou terwyl ek weer my sake in orde kry,” sê Dalene Stephanus, wat die fees begin het.

“Ek het oorspronklik gedink dit gaan net nog ’n mark wees wat ek elke maand of elke week sal moet aanbied om aan die gang te bly, maar tot my verbasing het dit bly groei,” sê sy.

Dalene glo haar pa het die liefde vir uiteet in haar aangewakker, maar sê sy is gebore met ’n liefde vir kos.

“My pa het ons altyd na restaurante geneem en ons verbied om twee keer dieselfde ding by ’n restaurant te bestel. As jy een keer ’n burger by ’n spesifieke restaurant bestel het, mag jy nie weer die burger bestel het nie. Ek dink die liefde vir uiteet en nuuskierigheid oor kos het by my pa begin,” sê sy.

Daleen kan nog steeds nie gewoond raak aan die Nedbank Swakop Food Fest se onverwagse sukses nie.

“Mense moet my altyd herinner hoe groot dit is. Wanneer die fees aan die gang is, is dit vir my ’n out of body experience. Ek dink dit het nou nog nie ingesink nie – ek is so dankbaar dat die fees so gegroei het en vir die groei wat nog vir ons voorlê,” sê sy.

Sy beoog om volgende jaar ’n nuwe inisiatief rakende die groei en bemagtiging van ander van stapel te stuur, maar is huiwering om meer uit te brei.

Die Nedbank Swakop Food Fest se sukses is volgens Stephanus te danke aan die ligging van die fees, wat jare reeds op Swakopmund se promenade aangebied word, en die toewyding van die verkopers by elke fees.

“Die verkopers werk hard om hulself elke keer te oortref en al wat ek kan sê is ek waardeer die ekstra moeite wat hulle elke keer insit,” sê sy.

Dalene sê die voortdurende ondersteuning van die fees se hoofborg, Nedbank, bevorder ook die fees se gewildheid.

“Dit is ’n pragtige huwelik wat reeds van dag een af aangaan – ek kan regtig nie genoeg dankie sê nie,” sê sy.

Aan diegene wat die smullekker disse by ’n Nedbank Swakop Food Fest wil geniet, raai Dalene aan dat hulle gemaklik aantrek.

“Trek daardie klere aan wat ’n bietjie losser aan jou sit. Ek sou aanbeveel dat jy nie die denimbroek wat reeds styf sit, aantrek nie. Ons wil hê jy moet gemaklik wees en daar moet ruimte wees om die kos te geniet,” sê sy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!