Damara-meisie leef haar musiekdroom
Geen einde aan Taylor Jaye se talente
As musikant, liedjieskrywer, aktrise, regisseur, filantroop, modeontwerper en sakevrou spog die veelsydige Taylor Jaye met 'n indrukwekkende CV.
Jaleesa !Gaoses, beter bekend onder haar verhoognaam Taylor Jaye, het haar kinderjare by haar ouma in die informele woongebied Otjomuise deurgebring. Sy het later ’n groot deel van haar grootwordjare saam met haar ma tussen die VSA en Namibië deurgebring, maar is deesdae grootliks in Johannesburg, Suid-Afrika, gebaseer.
Taylor Jaye is sedert 2014 ’n gekwalifiseerde sagteware- en netwerkingenieur, maar die musiekgogga het vroeg reeds gebyt en in 2015 het sy besluit om haar musiekloopbaan voltyds na te jaag. Sy bring ’n unieke Namibiese flair na die elektriese genre – meestal Afroritmes en Afro-pop – deur in haar moedertaal, Damara (Khoisan), te sing.
Hoewel sy hoofsaaklik bekend vir dié elektriese klanke en aansteeklike ritmes is, is sy ook ’n vernuftige sakevrou en het in 2018 ’n vennootskap aangegaan met J&B Hive in Johannesburg, ’n destydse netwerk vir kreatiewe entrepreneurs.
Dié vennootskap was gegrond op haar eie platemaatskappy, Jaye’s World Entertainment (JWE), se visuele inhoud onder haar regie. Sy is die kreatiewe en konseptuele regisseur van al haar musiekvideo’s en visuele inhoud, asook dié van ander kunstenaars.
Asof dít nie indrukwekkend genoeg is nie, ontwerp Taylor Jaye ook al die klere wat in haar visuele inhoud te sien is – ’n talent wat nou aan haar eie klerereeks leen. Sy het ook haar staal as ontluikende aktrise gewys nadat sy in gewilde Pan-Afrikaanse TV-reekse soos Closets en 2019 se Unlocked verskyn het. Om haar toneelspelloopbaan uit te brei, is een van haar drome.
MUSIEKMYLPALE
In 2020 het Taylor Jaye koning gekraai in die kategorie vir beste housemusiek by die jaarlikse Namibiese musiektoekennings (NAMA’s).
In die verlede is sy verskeie kere benoem in kategorieë soos vroulike kunstenaar van die jaar. Sy het talle grensverskuiwende enkelsnitte vrygestel in samewerking met van die grootste kunstenaars en musiekvervaardigers oraloor Afrika, soos Mr. Kamara en die Nigeriese musikant Patoranking op haar bekroonde enkelsnit “Cashe”. Sy het ook saam met baie ander prominente Afrika-kunstenaars gewerk soos Busiswa, Uhuru, DJ Clap (Kalawa Jazmee) en Spikiri van die kwaito-groep Trompies.
Haar musiek het al speeltyd geniet op verskeie televisiekanale soos Trace Africa, Trace Naija, Trace Mziki, Channel O, MTV Base, Sound City en vele meer oraloor Afrika; asook op radiostasies in verskeie Afrikalande, soos Namibië, Kenia, Tanzanië, Nigerië, Ghana, Suid-Afrika, Botswana en Zambië.
Met een van haar vorige albumprojekte het sy selfs kragte saamgespan met die Grammy-benoemde kunstenaar van Ghana, Stonebwoy, en sy is nie van plan om op te hou om dié kontinentale musiekbande te smee nie.
KONTINENTALE VOETSPORE
Die musikant se talent is onmiskenbaar en sy het al by gesogte geleenthede oraloor Afrika en verder opgetree.
Aan die einde van 2019 het sy nog ’n mylpaal bereik as die eerste Namibiër wat saam met die room van die Afrika-musiekbedryf soos Davido, Wizkid, Tiwa Savage en Diamond Platnumz aan die gesogte One Africa-musiekfees in Dubai deelgeneem het.
Sy het ook op die verhoog by geleenthede soos Afrochella Ghana saam met kunstenaars soos Burma Boy en by All Africa Music Awards (AFRIMA) in Nigerië.
In Namibië is sy twee keer spesiaal deur die Monica Geingos, die presidentsvrou, genooi om by haar liefdadigheidstigting se geleenthede op te tree. Ander optredes het NAMA’s-toekenningsgeleenthede en by talle geleenthede en toere in Suid-Afrika en Zimbabwe ingesluit.
Taylor Jaye het ook al op talle regstreekse televisie- en radioprogramme in Suid-Afrika en die res van die vasteland verskyn, soos Spanking New MTV, ETV, Morning Express, Nigeria Silverbird TV en East Africa Citizens TV – om ’n paar te noem.
In 2021 het sy en haar landgenoot Chin Chilla die eerste Namibiërs geword om by die ikoniese O2-venue in Londen in die Verenigde Koninkryk op te tree. Dít midde ’n toer deur dié deel van Europa waarmee sy in daardie stadium besig was.
Dit het gebeur te midde van haar Britse toer. Haar toer het verskeie eerstes gehad, insluitend dat sy die eerste Namibiese kunstenaar was wat na ’n hip-hop-episode van Tim Westwood TV, ’n YouTube-kanaal met meer as ’n miljoen intekenare, genooi is. Alhoewel dit ’n hip-hop-episode was, was sy die eerste amapiano-kunstenaar op dié kanaal. Amapiano (Zoeloe vir “die klaviere”) is ’n styl van house-musiek wat in 2012 in Suid-Afrika gebore is. Amapiano is ’n hibriede van diep house, jazz en kroegmusiek.
LIEFDADIGHEID
In 2018 het Taylor Jaye die First Ladies First Foundation (FLF) gestig, ’n inisiatief wat die stryd teen geslagsgeweld (GBV) ondersteun en daarop gefokus is om vroue in die samelewing op te hef.
FLF is gedurende Vrouemaand (Augustus) in Suid-Afrika van stapel gestuur en gedurende November in Namibië in samewerking met die presidentsvrou se One Economy Foundation.
Dié stigting is nie net ’n bondgenoot in die stryd teen GBV nie, maar bied ook op ’n konstante basis finansiële hulp aan sekere begunstigdes.
Onder die FLF-vaandel bied Taylor Jaye ook talle vrouebemagtigingsgeleenthede aan en ondersteun verskeie kinderhuise in beide Namibië en Suid-Afrika.
Gedurende die moeilike Covid-tydperk het Taylor Jaye voortgegaan om individue en weeshuise in hul basiese behoeftes te ondersteun en terselfdertyd bewustheid te skep oor Covid-19. Laasgenoemde het sy onder meer benader deur ’n program op Instagram te begin om onderhoude te voer met kunstenaars oraloor verskeie Afrikalande sodat hulle hul ervarings kon deel oor die uitdagings wat deur die pandemie meegebring is, asook hoe hulle dit hanteer het.
Deur dié program het Taylor Jaye ook kospakkies en kontantpryse weggegee om ’n helpende hand te wees vir dié wat dit nodig gehad het.
Taylor Jaye neem sedert 2019 deel aan die Ysbeer-duik (Polar Plunge) ter ondersteuning van Suid-Afrika se Spesiale Olimpiese Spele Organisasie. In 2020 het sy besluit om dit na Namibië te bring, nie net om bewusmaking vir Spesiale Olimpiese Spele in Afrika te kweek nie, maar ook ter bewusmaking van gestremde individue in Namibië wat ondersteuning benodig, veral tydens Covid-19.
Deur haar inisiatiewe het sy mense aangemoedig om die Namibia Disability Benefit Trust te ondersteun, waarmee sy nouliks saamwerk om finansiële hulp aan gestremde individue in Namibië te bied.
MODEBAAS
Nadat sy Namibiërs ’n kykie van haar langverwagte klerereeks, Jaye Walker, by die Namibiese modeweek in 2020 gegee het, het sy haar eerste versameling genaamd “Genesis by Jaye Walker Enterprise” bekend gestel.
Die versameling is ’n viering van haar liefde vir kleur en wetenskapfiksie, en al die kledingstukke en motiewe het sy self ontwerp. Saam met die klerereeks het sy haar aanlyn winkel (jayewalkerenterprise.com) bekend gestel.
NUUS UIT AMERIKA
Een van haar hoogste loopbaanhoogtepunte, was haar onlangse Amerikaanse toer, wat haar selfs na die Groot Appel – New York – geneem het, vertel Taylor Jaye.
Dié toer het gevolg nadat haar bestuur se paaie gekruis het met dié van agente in die VSA wat musikante van Suider-Afrika daarheen wou bring.
“Ek het ‘n paar maande gelede ’n Zoom-onderhoud met die Georgia Entertainment Association gehad en sedertdien het hulle saam met my span en ander agente begin werk om my hierdie kant toe te bring om op te tree en te toer en my die Afrika-diaspora hierdie kant, maar ook die Amerikaanse mense, aan my handelsmerk bloot te stel,” het sy uit die VSA vertel.
Volgens haar is Amerika elke kunstenaar se droombestemming.
“Elke musikant van oraloor die wêreld wil ’n kans hê om in Amerika op te tree om uiteindelik ’n voet in die deur van die globale mark te kry. En hierdie is die eerste stap vir my om dit te doen. So ek voel goed. Ek voel trots. Ek voel asof my harde werk my in die regte rigting neem en ek vertrou God het groot planne.”
Taylor Jaye hoop dié stap in haar lewe kan ander Namibiese kunstenaars inspireer en deure oopmaak vir dié wat in haar voetspore wil volg.
“Dit wys dat ons musiekbedryf tot meer in staat is.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie