Die Dagbreek Dans Orkes Foto Facebook
Die Dagbreek Dans Orkes Foto Facebook

Dans tot die son opkom

Kristien Kruger
Gobabis spog met ’n orkes wat uit plat-op-die-aarde mense bestaan met ’n passie vir musiekmaak.

Deur die dag beoefen hulle dalk ’n verskeidenheid beroepe, maar in hulle vrye tyd is hulle trotse lede van die Dagbreek Dansorkes.

“Musiek laat jou van al die ander dinge vergeet en op daardie oomblik geniet ons dit net.”

So vertel een van die orkeslede, Mornay Tromp, wie se seun, Adriaan, kleintyd die orkes se naam uitgedink het.

“Hy het altyd gesê as hy eendag ’n orkes het, moet die naam Dagbreek Dansorkes wees, want mense moet van vroegaand tot dagbreek dans.”

Mornay speel die baskitaar en is ook die eienaar van South East Africa Scrap and Transport op Gobabis.

Adriaan is ook ’n lid van die orkes en werk as ’n werktuigkundige en deeltydse DJ onder die naam DJ Prison Wallet.

Hy speel kitaar, tromme en klawerbord.

Douglas Weitz is ’n vragmotorbestuurder en veelsydige musikant wat die kitaar, klawerbord en trekklavier speel. Douglas het as jong kind twee van sy vingers verloor. Dit het hom egter nie gekeer om talle instrumente baas te raak en sy musiek te geniet nie.

Piet Booysen is die man agter die tromme, asook ’n boer en boorman op die dorp.

Trien van Helstingel is ’n weduwee wat saam met haar seun boer en haar musiektalente uitleef deur klawerbord te speel.

Die afgetrede lorriebestuurder, Jaap Vermaak, is ook ’n man met vele talente, onder andere houtwerk en hy is ’n bobaas-kitaarspeler.

Die Dagbreek Dansorkes is vyf jaar gelede gestig en die oorspronklike lede is nog deel van die orkes met die uitsondering van Piet, wat later eers aangesluit het.

“Ons oefen gereeld en geniet dit om musiek te maak. Ander mense kan ook ons oefeninge bywoon en dit saam met ons geniet.”

Die orkes tree gereeld by Die Dam op en verder is hulle onder meer beskikbaar vir besprekings vir verjaarsdae, troues en huweliksherdenkings.

Hulle het ook vanjaar by die gewilde Gobabis Rally opgetree.

Belangstellendes wat die Dagbreek Dansorkes vir ’n geleentheid wil bespreek, kan 081 252 0349 kontak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!