Deon – Die legende, die ‘gentleman’

Aanhangers, vriende en ondersteuners onthou
Die gesig van radio. 'n 'Gentleman' en die stem wat 'n hele generasie grootgemaak het. Die gewilde en veteraan-aanbieder Deon van Rensburg se stem is sedert verlede Vrydag stil oor die lugweë waarop hy volgende jaar drie dekades sou vier.
Henriette Lamprecht
Deon van Rensburg (56) het al in sy universiteitsdae as student in sielkunde aan die Universiteit van Kaapstad (UCT) agter die mikrofoon vir kampusradio ingeskuif.

Ten tyde van sy dood was Deon by Nova 103.5 FM werksaam, met baie van sy aanhangers, vriende en ondersteuners wat na sosiale media gestroom het met veral hul onthou van sy tyd by Radiowave as deel van The Waking Crew.

“Ek onthou nog duidelik vir Robin en Deon, die oorspronklike ‘waking crew’. Ek het deur al my hoërskooljare na hulle geluister, wat ’n legende!” onthou ’n getroue luisteraar.

Republikein se voormalige redakteur, Dani Booysen, het sedert 10 Augustus verlede jaar Oppie Steen op Vrydagoggende saam met Deon aangebied wat gefokus het op nuus, nostalgie en treffers uit daai jare.

Kirsty Watermeyer, ook ’n aanbieder, het Deon as ’n vriend en mentor beskryf en gesê: “Ek dink daar is baie min mense wat in radio gewerk het, wat nie saam met hom gewerk het nie. Almal wat het, het net goeie goed oor hom te sê. Hy het altyd uit sy pad gegaan om ander te help.”

Armand Meding onthou Deon as ’n ware radio-ikoon in Namibië en ’n “great” persoon.

“Om saam met jou te werk, was altyd pret en vol van ’n gelag. Op daardie lang ritte na die Suide sou jy letterlik al die praatwerk doen. Die res van ons sou net sit en luister na jou stories met ’n klomp gegiggel soos klein kindertjies!”



‘MEESTER AGTER MIKROFOON’

Mariantha Fryer het die voorreg gehad om vir ’n kort tydjie saam met Deon te kon uitsaai en sê hy was ’n “amazing” anker. En lekker mens.

“Snaaks en ’n meester agter die mikrofoon. Mag jou geliefdes vrede ervaar en mooi memories koester, want jy was ’n legend in Nam radio.”

Deon was een van die stemme van Namibiese radio en in veral sy dae by Radiowave en The Waking Crew waarna hy altyd en enige tyd kon luister, sê Antonie Koch.

Paul (Chix) Herbst, ook ’n bekende omroeper, vertel Deon was die enigste persoon in die “ou NBC-dae” wat hy vertrou het om vir hom in te staan vir The Sunday Show.

“Hy was ’n gentleman en het ’n natuurlike aanvoeling vir uitsaai gehad.”

Deon en Hannes Kaufmann was saam in 1987 in die weermag, daarna weer saam by Radiowave en vir baie jare saam deel van die radiobedryf.

“Dankie vir jou toewyding, Deon. Rus in vrede my vriend, ek is werklik hartseer.”

Dit gaan net nooit weer dieselfde wees om werk toe te ry nie, sê Tuwillica Kahuika.

Nog ’n aanhanger beskryf hom as nie net ’n lewenslustige radiopersoonlikheid nie, maar ook ’n passievolle fietsryer wat soveel vreugde vir diegene rondom hom gebring het.

“Sy positiewe energie en aansteeklike glimlag gaan erg gemis word. My innigste simpatie aan sy familie en aan almal wat deur sy warmte geraak is,” skryf nog een.

Vir Jacqueline Stiemert was Deon ’n wonderlike man en ’n ware Namibiese “cheerleader”, terwyl Charlene Schoeman hom as “my favourite of all time” beskryf.

Paul Brits sonder sy gesels soggens met Republikein se oudredakteur Dani Booysen as sy gunsteling “Deon-oomblik” uit. Dani het die afgelope vier jaar saam met Deon in die oggend oor nuus uit die gedrukte media en ander aktuele kwessies gesels. Die twee het ook ’n jaar lank ’n argiefprogram uit die koerante aangebied.

“Sy stem was een van die grotes in Namibie,” sê Dani.

“Hy was bobaas met sy vlymskerp kennis – nie net oor musiek nie, maar ook geskiedenis en sake van die dag. Dis ’n groot verlies en ons wens die familie en veral sy kinders sterkte toe. Die lugweë sal vir altyd leër wees sonder Deon van Rensburg.”

Rolf Hansen van die Kankervereniging van Namibië (CAN) sê dit was altyd “prettige plig” wanneer hy en Deon saam op die lug was.

“Sy bewondering vir die werk wat ons doen en wat ek probeer doen. Ek moes hom altyd berispe en sê ‘Ai Deon, moenie met sulke hoë lof van ons praat nie, ons almal doen maar net ons deel.’ Dan glimlag hy en sê ‘sommige meer as ander’. Ek was lief daarvoor om saam met ‘Dee’ te werk, Nova 103.5 gaan nie dieselfde wees nie. Rus sag, my broer. Jy het jou merk gemaak en lewens geraak.”



‘POSITIEWE STEM’

Dit was Deon se kennis oor sommige van die mees lukrake feite oor musiek wat Birgit Mohrman die meeste sal onthou. Ook sy positiewe stem soggens.

“Jy het ’n nalatenskap agtergelaat en jou kinders kan so trots wees op hoe hul pa soveel mense geïnspireer het.”

Sunrise with Deon het haar elke oggend om 05:59 werk toe gevat, onthou Anett von Wielligh.

“Dankie dat jy dit maklik gemaak het om werk toe te gaan.”

Mauriza Fredericks, ook ’n bekende omroeper, het die voorreg gehad om baie jare terug saam met Deon by Kosmos 94.1 te werk.

“Wat ’n briljante man was hy nie. Dit is werklik skokkende nuus vir die hele uitsaaigemeenskap.”

Vir Morné Janse van Rensburg was hy ’n radio-legende en gaan sy oggende onderweg na die myn nie dieselfde wees nie.

Deon speel nou “awesome songs” en gesels met Steven Beresford in die hemel, troos Nicky van Zyl, terwyl Antonie Koch hom as ’n “groot gees” beskryf.

’n Groot deel van Deon se getroue en jarelange aanhangers is hartseer oor sy “epiese stem en stout geaardheid” wat hulle sal mis omdat hy so ’n integrale deel van hul lewe en hul oggendroetine was.

“Ek het hom nooit ontmoet nie, maar dit het gevoel of ek hom goed geken het. My kosbaarste herinneringe as ’n tiener is van ek wat in my kamer radio luister met Deon as geselskap,” onthou Marica Kannemeyer.

Sy 90’s het ge’rock’ danksy Deon en sy passie vir musiek, vertel Brendan Dickerson.

“Ek sal nooit die tye vergeet wat ons saam agter die ‘mixing desk’ bestee het nie.”



IMPAK OP MENSE

Ray Proenza deel hy het ons “elke oggend, elke dag met sy slim gesprekke en gelukkige stem” in ’n goeie bui gesit. Dit voel vir haar asof sy ’n goeie vriend verloor het, erken Colleen Anderson.

“Ek is werklik hartseer. Mag sy familie berusting vind in die wonderlike persoon wat hy was en die impak wat hy op soveel mense gehad het.”

Philip J Klynsmith onthou Deon was lief vir dit wat hy gedoen het en het nooit die kans gemis om by ’n geleentheid te wees waar Nova betrokke was nie.

“Dis hartseer vir Nova, vir die familie en vir Namibië. Maar daar is soveel mooi goed om van Deon te onthou. Ek is seker daar is ’n radiostasie vir hom waar hy nou is.”

Seun Kesslau onthou die “Engelsman met ’n Afrikaanse van wat nie Afrikaans kon praat nie” uit hul ontmoeting jare terug, terwyl Margaret Loubser in haar hartseer swaar leun op byna twee dekades se herinneringe.

“Iemand wat ’n belangrike rol gespeel het om radio in Namibië te maak wat dit vandag is. RIV Deon, weg maar nooit vergeet.”

Sy het Deon vir die eerste keer op hoërskool as deel van ’n werkservaring by Radiowave ontmoet toe hy deel van The Waking Crew was.

Een van die gaafste mense ooit, onthou Yanika Anuszkiewiez. Haar lewe sou ’n volle sirkel maak toe sy amptelik deel van die Radiowave-span word nadat sy haar lewe lank na die stasie geluister het en altyd deel daarvan wou wees.

“Dit was ’n plesier om Deon die afgelope drie jaar te kon leer ken.”

Dit is gepas om af te sluit met die woorde wat sy nalatenskap saamvat.

“Hierdie man het gehelp om ’n hele generasie groot te maak. Ware legende van die radio,” sê Manie Vlok.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.45 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.82 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.51 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 586.91/OZ UP +1.07% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.82% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.82/BBP UP +2.49% | Platinum US$ 984.26/OZ UP +1.72% Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.11 | EUR to NAD 19.45 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.82 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.51 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 586.91/OZ UP +1.07% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.82% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.82/BBP UP +2.49% | Platinum US$ 984.26/OZ UP +1.72%