Die bom: Ons onthou
Oorlewendes, getuies deel hul ervarings
Op 2 Augustus 1986 stap 'n man die Atlantic Meat Market-slaghuis in Sewende-straat op Walvisbaai binne met 'n sak. Hy los dit agter en stap uit. 'n Ontploffing ruk deur die slaghuis en vyf mense sterf en verskeie word beseer.
Sy besoek of ry daagliks verby die destydse Atlantic Meat Market, vandag bekend as Charlie’s Meat Market, op Walvisbaai.
Deur die jare het die bekroonde joernalis en skrywer Taati Niilenge wat op die hawedorp grootgeword het, tot die besef gekom dat dit sedert sy ontstaan in die vyftigerjare een van die bekendste landmerke en slaghuise op Walvisbaai is.
As ’n kind het Taati dikwels stories gehoor van ’n man wat op ’n dag by die gewilde slaghuis met ’n bom in ’n plastieksak ingestap, dit neergesit en uitgestap het. Vyf sou daardie dag sterf en verskeie inwoners is beseer.
Vir baie het die lewe daarna sy gang gegaan en is deur ’n seer verhaal deel van Walvisbaai se geskiedenis ’n baie vae herinnering, maar vir diegene wat op daardie dag ’n inwoner van die dorp was en veral vir familielede wie se lewe binne sekondes onherroeplik verander het, was dit nog duidelik in hul geheue.
“Ek het ’n gesprek gehoor waar die persoon sê niemand onthou meer hul geliefdes nie,” vertel Taati.
“Ek het klein seuntjies gesien wat nou mans is en wat sonder albei of een ouer grootgeword het.”
Taati en ’n vriend wat ook ’n joernalis en kameraman is, Isidor Shilongo, het besluit om iets “terug te gee” en vir hulle ’n dokumentêre program te maak.
“Baie jong mense en nuwe inwoners was verbaas om te hoor dat so iets in die dorp gebeur het.”
Buiten vir die dokumentêr wil Taati en haar medevervaardiger hê dat dit as ’n geskiedenisprojek deur leerlinge gebruik word en om elke jaar op 2 Augustus vertoon te word om die dag in 1986 te herdenk.
“Ons het nie op die politieke deel van die storie gefokus nie, maar bloot op die herinneringe aan die dag en hoe dit familie en vriende geraak het.”
Oorlewendes en getuies het hul individuele ervaring van die storie gedeel, vertel Taati wat erken dit was ’n hartseer ervaring.
“Ons het besef hulle huisves 38 jaar se pyn. Dit was goed om met hulle te praat en hulle was almal so opgewonde om uiteindelik dit te kan deel.”
Deelnemers aan die dokumentêr het op en van die kamera met Taati-hulle gesels.
“Daar is besonderhede wat nog nie bekend gemaak is oor hoe sommige sedert daardie dag geraak is nie. Hulle bel my steeds om net te praat oor wat hulle deurgaan.”
Mense op Walvisbaai weet van die bom, sê Taati, maar daar is ’n paar tragiese nadraaie wat steeds genesing nodig het.
Vrydag 2 Augustus was dit 38 jaar gelede wat die lewens van Walvisbaaiers in 1986 weens die ontploffing in die gewilde slaghuis verander het. Die geweldige slag het oor die hele dorp weerklink en in Taati se dokumentêr onthou jonk en oud waar hulle was toe die ontploffing die dorp geruk het.
“Hoewel die dag deur baie vergeet is, word dit steeds deur inwoners van Walvisbaai onthou. Ons wou aan die wêreld wys dit het gebeur en dat dit ’n impak op baie lewens gehad het. Ons wou nie in die politiek van dit ingaan nie, maar regtig net die lewens eer wat verloor is en oorlewendes herinner dat hulle nie vergete is nie,” sê Taati.
Sommige van die oorlewendes pleit reeds vir jare dat iets gedoen moet word om hul geliefdes te onthou.
“Die dokumentêr is ’n oomblik waarin mense saamkom, onthou en mekaar troos omdat jare nie regtig die gat en die pyn kan wegvat nie.”
“The Bomb: We remember” is Saterdag in die gemeenskapskerk op Walvisbaai vertoon, met jonk en oud wat die geleentheid gehad het om vrae aan oorlewendes en getuies te stel en ook te luister na die vertellings van diegene wat nie deel van die dokumentêr was nie. Inwoners is ook aangemoedig om vrylik hul eie ervaring van 2 Augustus 1986 te deel.
“Dit is meer as net die vertoning van ’n dokumentêr. Dit is ’n geleentheid om die pyn te deel wat in slagoffers en getuies se harte skuil. Ons het gesien baie jong mense het geen idee oor hierdie dag nie en was baie verras om dit te hoor. Ook hulle het dan ’n geleentheid om meer daaroor te leer.”
Taati en Shidor hoop om hul dokumentêr aan die ministerie van onderwys, kuns en kultuur te skenk sodat dit jaarliks op 2 Augustus as deel van ’n geskiedenisles vertoon kan word.
Die ontploffing op Walvisbaai meer as drie dekades gelede het tot internasionale nuusblaaie gehaal, met artikels wat onder meer in die New York Times en Los Angeles Times verskyn het. In een artikel is beweer die impak van die bom is “versag” deur die feit dat ’n groot besending vleis op die betrokke dag afgelewer en die slag “geabsorbeer” het.
Verskeie inwoners het op sosiale media op ’n plasing van ’n koerant aan die kus gereageer wat ’n artikel oor die herdenking van die dag gedra het.
Geoffrey Evans skryf hy, Brent Porter en Tommy du Plessis was deel van die weermagkontingent wat daardie dag gereageer het.
“Ek en Brent Porter het pas daardie oggend van diens afgekom as wagbevelvoerder en wag 2IC en het in die bungalow ontspan toe die oproep deurkom.”
Hy beskryf die verwoesting as ongelooflik en onthou die verversings wat inwoners vir hulle gebring het.
Penelope Martin Louw onthou haar ma het uit die slaghuis gekom ’n tydjie voor die bom ontplof het.
“Ek het angstig vir die rooi bus gewag om te kyk of my ma uitklim, gelukkig het sy.”
Vincent Hockey vertel hoe hy en wyle Freddie Buys in Radio Electronic besig was om na die LP van Alphaville (Do You Want To Dance With Me) te luister toe die bom ontplof het.
“Ons was ook na die slaghuis gestuur – hy moes na sy suster gaan wat daar gewerk het – maar het eers ons eie ding gedoen! Dit is die eerste en enigste keer dat ongehoorsaamheid iemand se lewe gered het!”
Volgens Stephen Dreyer was hy en nog twee korporale die oggend in die dorp en was naby die slaghuis toe die bom ontplof het.
“’n PF-staflid het ons gesien en opdrag gegee om inderhaas troepe aan te ry en te kom help. Sal daardie dag ook nie vergeet nie!”
Hilda Johansen was met drie kinders op pad na die slaghuis toe. By Trustmarket het haar jongste egter moeilik begin raak en het sy besluit om terug te draai. Op die volgende straathoek het sy die slag gehoor.
“Dit was ook skoolatletiek by Hoogenhout-skool. Ek het saam met Rita du Preez in die hotdog-stalletjie gewerk. Sy het viennas by die slaghuis gaan koop en was erg beseer. Net die vorige naweek was ek en Denise Beets met ons kinders by die pretpark. Sy is dood in die ontploffing. Kry steeds koue rillings oor daardie dag.”
Leon Gonteb se ma en suster was in die slaghuis tydens die ontploffing, maar het “danksy die genade van God met geringe beserings oorleef”.
Jo-Ann de Smit onthou dat dit ’n “oosweerdag” was en dat die slag ver gehoor is.
“Ek sal dit nooit vergeet nie. My ouers het dit net vrygespring – hulle was net om die hoek, nadat hulle by Viggo Lund was.”
Denzil Smith se pa was as polisieman op die toneel en hy onthou “hy het huis toe gekom, maar ek kon sien dit was baie moeilik vir hom. Ons het Seewierstraat-mense verloor daai dag”.
Smith vertel sy pa het vir sy ma in sy wit bakkie buite die slaghuis gewag.
“Sy was binne, maar die plek was te vol, toe kom sy maar uit. Hulle het net weggetrek toe dit ontplof het. God se genade was oor my ouers.”
Erika Gontes-Meyer en haar ma het derdegraadse brandwonde in die ontploffing opgedoen.
“Net soos ek die handle van die slaghuis deur vang om oop te maak, het die bom afgegaan.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie