FOTO VERSKAF
FOTO VERSKAF

Die dominee met die omgeehart

Boet Matthews - Huldeblyke het ingestroom ná die dood van die alombekende dominee Johannes Mattheus (JM) Benz wat op Rehoboth bekend gestaan het as die dominee met die “omgeehart en nederige uitkyk op die lewe”.

Ds. Benz was een van Rehoboth se grootste steunpilare veral by die Rynse Kerk van Namibië waar hy die afgelope jare met onwrikbare geloof, liefde en wysheid gedien het.

Hy was bekend en geliefd as ’n pilaar van krag en ’n ware herder vir sy kudde, altyd bereidwillig om met ’n oop hart en ’n luisterende oor by te staan.

“Sy passie vir die woord van God en sy toewyding om dit aan almal te bring was aansteeklik en ’n aansporing. Onder sy leiding het die Rynse Kerk aansienlik gegroei in geloof en in liefde vir mekaar.

“Sy nalatenskap sal lewend bly in talle lewens wat hy geraak het en in die geestelike vrugte wat sy bediening voortgebring het. Ons dra ons opregte medelye oor aan sy familie, vriende en almal wat geraak word. Mag ons getroos word deur die wete dat hy nou in die teenwoordigheid van ons Hemelse Vader is,” lui ’n verklaring.

Een van die manne wat ’n pad saam met ds. Benz geloop het, pastoor Dean du Toit van die Martin Lutherse Kerk op Rehoboth, het by navraag aan Republikein gesê, “dié sterfgeval is ’n groot terugslag vir die gemeenskap van Namibië! Ons gaan sy gehunker mis van dinge op die regte manier te doen ongeag die uitkoms.

“Hy was boonop ’n man met groot integriteit. So het ek hom leer ken toe ons as studente by die Paulinium op Otjimbingwe studeer het. Soos hy geken was as nederig, saggeaard en ’n geloofsvader vir baie van ons.

“Jy kon by sy voete sit en wys word uit Godswoord. Ds. Benz ken reguit paaie en jy kon saam met hom en sy sterk karakter op geestelike slagvelde loop. Ons gaan hom mis, en glo my dat sy heengaan plaas die hele gemeenskap op Rehoboth in rou. Dit is ’n onbeskryflike seer wat ons moet laat saamstaan en verenig. Ek glo baie van die gemeenskap is platgeslaan en verpletter deur die heengaan van ons broer, vriend, pa, oom, oupa en nederige dominee.”

Ds. Benz het in 1981 sy studies op Otjimbingwe voltooi en in 1982 was sy ordening in die Rynse kerk. Hy het nege gemeentes vanaf 1982 tot 1996 bedien waarna hy as voltydse moderator tot 2004 gedien het. In 2005 word hy die eerste programkoördineerder vir die Rynse Vigs-program tot en met sy aftrede.

Hy word oorleef deur agt kinders, een broer, ses susters, skoonkinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

Ds. Benz se begrafnis vind môre om 10:00 by die Rynse Moedergemeente Kerk op Rehoboth plaas.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.3 | EUR to NAD 19.69 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.84 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.19 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 552.73/OZ UP +1.62% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 866.00/T UP 2.88% | Brent Crude Oil US$ 72.82/BBP UP +2.40% | Platinum US$ 967.63/OZ UP +1.44% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.3 | EUR to NAD 19.69 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.84 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.19 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.85 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 552.73/OZ UP +1.62% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 866.00/T UP 2.88% | Brent Crude Oil US$ 72.82/BBP UP +2.40% | Platinum US$ 967.63/OZ UP +1.44%