Die eenstopwinkel langs die C14
“Ek onthou die sorgelose dae toe ons kinders was wat kaalvoet op die stofstrate van Helmeringhausen rondgehardloop het. In die aande het ons onder die tafels van die hotel aan die slaap geraak terwyl ons ouers gekuier het,” het Charlotte van der Wath gesê.
Sy is tans die oudste inwoner van Helmeringhausen en die eienaar van die winkel op dié dorpie.
Sy is in Lüderitz gebore en het vir die eerste vyf jaar van haar lewe in Aus gebly.
“My ma het toe getrou en ons het na ’n plaas naby Helmeringhausen getrek. Een keer per jaar is daar ’n groot boeredag by die boerevereniging gehou en boere van die hele omgewing en van ander boereverenigings het hier kom saamtrek. Dit was ’n baie groot geleentheid en die vroue het baie mooi aangetrek vir die aand se dans. Daar was baie Duitse vroue in die omgewing en hulle kon heerlik bak en kook en die dag was altyd iets om na uit te sien.”
Charlotte vertel hulle kon nie wag vir Vrydae – wanneer die boere van die omgewing dorp toe gekom het om inkopies te doen – nie, want dan het al die maatjies saamgekom en hulle kon speel.
“Ons was kaalvoetkinders wat rondgehardloop het. Jy het twee pare skoene gehad – een vir die skool en een vir die kerk. Daar was nie geld vir sandale nie. Die mense het swaar gekry, maar ons het nie een keer honger gaan slaap nie.”
Daar was geen televisie of selfone nie en kinders het mekaar besig gehou. Hulle is vroegoggend by die huis weg om in die veld te wees.
“Ons het sommer vir ons ma’s gesê ons slaap in die veld en toe ons ouer geword het, het ons dit gedoen.”
WINKEL
Charlotte en haar ma het 30 jaar gelede die winkel langs die C14-pad op Helmeringhausen oorgeneem.
“Dit was ’n baie klein winkel met een lang toonbank waaragter die produkte op die rakke was. Die mense het voor die toonbank gestaan en vir die goed gevra. Meer as 15 jaar gelede het ons besluit om uit te brei en meer rakke opgesit en die winkel oopgemaak dat almal self hulle inkopies kan doen.”
In die winkel is daar iets van alles – van die nodige kruideniersware tot velskoene, T-hemde, aandenkings en selfs ’n koue koeldrank of bier.
“Die toerisme is nog nie terug waar dit was nie. Dit is baie beter as die vorige jaar, maar dit het nog nie heeltemal herstel nie. Ons is so 70% afhanklik van die toeriste, die res van ons kliënte is die inwoners van die omgewing en Namibiërs wat Suide toe ry.”
RAAD
“Sommige dae is nie maklik nie, maar as jy op die Here vertrou sal Hy jou dra. Ook die gemeenskap en mense van die omgewing hier dra mekaar. As jy insit, sal jy altyd terugkry. Ek glo as jy iets begin is een dag moeilik en die volgende dag dalk nie en eendag as jy terugkyk, sal jy sien jy is daardeur.”
Charlotte is trots op wat sy en haar man opgebou het en die hoogtepunt is wanneer mense die winkel besoek en mal oor die plek is.
“Dit is harde werk en wanneer jy moeg is en iemand kom in en is gek oor die winkel, is dit ’n baie lekker gevoel en maak alles die moeite werd.”
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie