Elsa Martin in haar element. Foto verskaf
Elsa Martin in haar element. Foto verskaf

Die hemel is oop vir Elsa

Iréne-Mari van der Walt
“Ek dink nie jou geslag of velkleur maak saak nie, as jy ’n passie vir vlieg het, sal niks jou keer om te vlieg nie. Dit sal wel lekker wees om meer meisies in die bedryf te sien,” sê Elsa Martin, FlyNamibia se eerste vrouekaptein.

Sy het tot op die ouderdom van 30 as ’n navigasiebeampte gewerk voor sy in 2007 na Namibië verhuis het. Sy het toe as ’n vlieënier vir Wilderness Air gewerk voor sy vir Desert Air en uiteindelik tussen 2012 en 2021 vir Air Namibia gevlieg het. Nadat die nasionale lugredery gelikwideer is, het sy haar voete gevind by Scenic Air voor sy in Mei verlede jaar ’n pos by FlyNamibia gekry het.

Elsa vertel sy het eers na skool haar liefde vir vlieg ontdek, maar sê haar passie is steeds net so groot. “Ek het die eerste keer in my lewe gevlieg toe ek reeds uit die skool was en dit was daardie eerste keer wat ek besluit het ek wil ook vlieg. Met die genade van ons hemelse Vader kon ek kom waar ek vandag is. Toe ek vir die eerste keer gevlieg het, het die gogga my gebyt en daarna kon ek aan niks anders dink nie,֨” sê sy.

Sy moedig ander wat in haar passie deel aan om hulle drome vreesloos na te jaag. “Vlieg is ’n passie! As jy dit het, dan is jy bereid om enigiets deur te maak om te kom waar jy wil wees,” sê sy.

Elsa deel een van haar eerstes wat ’n spesiale plek in haar hart het. “Die eerste keer toe ek langs die see van Sossusvlei af Swakopmund toe gevlieg het! Ek het vir lank in die bos gevlieg en dit was ongelooflike ondervinding en leerskool.”

Volgens haar is ’n vlieënier se werk meer as net asemrowende uitsigte. “Dit is ongelukkig nie altyd net die mooi sonsopkoms of rustige sonsondergange wat vlieg so romanties maak nie. Daar is baie vroeë oggende, laat aande, naweke weg van die huis, baie slegte weer en turbulensie, lang dae en onvoorspelbare vertragings waarmee ons daagliks werk. Maar weer eens kom dit terug na die passie vir vlieg. Enigiets is moontlik met God by ons,” sê sy.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!