Die kibboets van toe teen die kibboets van nou
’n Oud-Namibiër se ervaring
Die oud-Namibiër Pierre Massyn en voormalige woordvoerder van Rössing Uraan het meer as drie dekades gelede in 1987 op 'n kibboets in Israel gewerk. Hy vertel in sy eie woorde oor sy ervaringe 36 jaar gelede teen die agtergrond van die gebeure van 7 Oktober vanjaar ('n Sabbat en die datum van verskeie Joodse vakansiedae) – die dag toe Israel 'n reeks gekoördineerde aanvalle – gelei deur die Palestynse Islamitiese militante groep Hamas vanuit die Gasastrook – moes trotseer.
Hy het ’n aura om hom gehad. Sy skouers het ritmies gewieg wanneer hy afgemete deur die landerye stap waar ons geswoeg het, byna soos dié van die Legionnaires van die Franse Vreemde Legioen wanneer hulle in die Champs Elysées afmarsjeer, jaarliks in die defilé [parade] in Parys op 14 Julie.
Ons het hom net as Ram geken. Die leiersfiguur van ons groepie vrywilligers op die Kibboets Machenheim tussen die See van Galilea (Kinneret) en die Lebanese grenspos by Metullah, naby Salomo se perdestalle by Hazor en Qiryat Shemona.
Hy het diep kepe in sy sonverbrande gesig gehad. Sy katagtige bewegings het die indruk geskep dat hy enige situasie kon beheer en niks het sy waaksame blik ontglip nie. In Ram se gesig kon jy ’n geskiedenis wat eeue ver terugstrek, ingegrafeer sien. ’n Geskiedenis ryk aan tradisie en kultuur, so oud soos die mensdom self.
Sy voorsate was Oos-Europees. In sy are het die bloed van die stamvader Abraham, van Isak en Jakob gebruis, en die vegtersbloed van Joshua. Tydens een van die Joodse volk se vele diasporas het hulle na ’n satellietstaat van die ou Unie van die Sosialistiese Sowjet-republieke (USSR) uitgewyk.
Soos kaf in die wind is die Jode oor die aardbol uitgestrooi. Hulle het geweet van vervolging. Die Assiriërs, die Babeloniërs, die Romeine. Die Nazi’s. Maar nog voor Hitler was daar in Europa die Russiese pogroms. Derduisende Jode word gejag en vervolg. Die Jode is sonder ’n heenkome. Maar hulle kán oorleef.
Toe kom die Balfour-verklaring van 1917. Die lang gekoesterde hoop van ’n Joodse tuisland vlam hoog op. Palestina gaan verdeel word! Ram se voorsate keer stelselmatig terug na die Heilige Land. . . en in 1948 gebeur die wonderwerk: die staat van Israel word gebore.
Die land van Israel steek soos ’n dolk in die sye van omringende Arabiese lande, tradisioneel vyandiggesind. Libanon, Sirië, Egipte. . . Jordanië oos van die Jordaanrivier. Ek het Ram nooit sonder sy standaard-handwapen gesien nie, sy SP-21 Barak-semi-outomatiese pistool. Dit is in die Israelse DNS-ingebrand: as jy jou waaksaamheid een oomblik verslap, is jy dood. Jy kom werk op eie risiko op ’n kibboets. Op dag een laat hulle my ’n vrywaringsvorm teken. Die grense van Arabiese state is altyd naby, want dis ’n klein landjie, skaars so groot soos die Krugerwildtuin.
Ons staan 05:00 op en na ’n vinnige koffie en beskuit, begin ons ons dagtake. Machenheim figureer in die Bybel en sy naam beteken “twee kampe”. “My” kibboets is selfversorgend. Jy gaan pluk of avokadopere, of snoei die appelbome, of gaan versorg die hoenders. Ek kan ’n trekker bestuur en hulle span my in vir karweiwerk. Ons werk tot 08:00. Die son is nou al lekker hoog.
Dan is dit eetsaal toe vir ’n gesonde ontbyt van hardgekookte eiers, falafel, varsgebakte brood, slaaie, vrugtesap en melk. Terug landery toe. (Jy kan ook in die Epilady-monteringsaanleg gaan werk. Dis ’n apparaat waarmee vroue – en party mans, skat ek – hul beenhare en okselhare mee kan beheer.)
Elfuur kom ’n kombi aangery. Hy bring ’n welkome lafenis: heerlike varsgemaakte roomys. Vir ’n volle kwartier lank kan jy rus en asemskep. Dan weer inval. Ek leer wat ’n Michaelson is: dis ’n “hysplukker”. Jy klim binne-in die gevaarte se bak en lig jouself die hoogtes in om avokado’s te pluk wat jy nie van die grond af kan bykom nie.
Israel is ’n netto uitvoerder van die gesogte vrug, asook die beroemde Jaffa-lemoene. Tussen die werk en sweet, is daar darem tyd vir speel ook. Ons kibboets het ’n tennisbaan, perde en ’n biblioteek. Die skuilplek (bunker) is in ’n tipe nagklub omskep waar ons ná werk die wêreld se probleme met ons jeugdige voortvarendheid kan oplos. Hulle betaal ons 80 sikkel per maand – aanmerklik minder as die pakket wat die wêreld se grootste uraanmyn my as hulle woordvoerder betaal het. Die multinasionale werkgewer wat ek na vier jaar vrywillig verlaat het om aan my wanderlust uiting te gee.
Kontemporêr-beskou, het ek altyd gewonder hoekom die Arabiessprekende sektor in Gasa en elders nie ook avo’s en lemoene kweek nie.
In 1948 toe Israel tot stand kom, storm daar dadelik vyf Arabiese leërs op die swak gewapende, pasgebore landjie af met een doel voor oë: wis Israel uit! Dood aan die Jode! Allahu Akbar! (God is magtig!) Ek wonder steeds hoekom Israel die Britse mandaathouer se voorstel vervat in die Balfour-verklaring aanvaar het; die voorstel wat hulle in staat gestel het om hul eie land te kon kry, maar die Arabiessprekende deel van die bevolking het die idee van die tafel afgevee. Sommige moderne kommentators sê hulle wou álles hê, en het Israel niks gegun nie.
Miskien moet jy teruggaan na die Eerste Wêreldoorlog en die Ottomaanse Ryk. . . Na Lawrence van Arabië wat met die Arabiere in die Midde-Ooste saamgespan het om die Turke in 1917 uit Jerusalem en elders in die Levant te verdryf. En die Brits-aangestelde Moeftie van Jerusalem wat heftig anti-Joods was, het aangebly tot 1937. . .
Israel het die oorlog van 1948 gewen. Eenhonderd-en-vyftigduisend Arabiere word Israelse burgers. Daar is Arabiere in die Israelse weermag. Hulle beklee hoë politieke posisies, hulle stemme word tot in die Knesset gehoor.
Jordanië, wat die Wesoewer amptelik op 24 April 1950 beset het, word in 1967 vervang deur die kleine Israel. Die Bybel vertel ons die Israeliete het die Jordaanrivier oorgesteek – van die oosoewer na die oorkant. Dit moes soos ’n soort spirituele tuiskoms gewees het. Die wiel het dus die volle omwenteling gedraai.
Daar begin ’n alarm loei. Ons word onmiddellik op hoë gereedheidsgrondslag geplaas. Terroriste het met hangvlieërs in Israelse grondgebied geland. Jy kan nie jou waaksaamheid vir ’n oomblik verslap nie.
Daar was die Sesdaagse Oorlog. . . In die Golan-hoogte sien ek uitgebrande tenks – ’n stille getuies van Israel se voortdurende stryd op oorlewing. In Eilat loop ek vir Eli raak. Hy is ’n duiker in die Rooi See.
“Weet jy wat Suid-Afrikaner? My pa was die eerste Israeli wat die Klaagmuur gesoen het toe ons Jerusalem in 1967 herower het!” (Voetnoot 1) Eli bars van trots. Soos alle Israeli’s, moes hy twee jaar verpligte dienplig doen.
“En weet jy wat nog? Ek het Yasser Arafat (voetnoot 2) in die visier van my Galil (voetnoot 3) gehad! Al wat ek moes doen, was om die sneller te trek. Maar ons seksieleier het van bo af laat weet ek moet wag want hy is lewend meer werd as dood.”
So leer ek. Ek leer van die Haganah, die Israelse ondergrondse beweging wat letterlik skeepsvragte immigrante van Europa ingesmokkel het op ’n tydstip toe Brittanje ’n embargo teen inkomende Jode geplaas het en hulle verhinder het om na hulle historiese grondgebied terug te keer.
Die Diaspora-museum in Jerusalem vertel jou dat geen nasie op aarde harder vir sy vryheid moes veg as die Jode nie. Ek leer dat Israel die enigste demokrasie in die Midde-Ooste is.
Vandag weet ons dat Hamas die politieke mag in Gasa het. En dat hy na sy magsoorname in 2007, toe hy volgens bronne talle Al Fatha-lede vermoor het, nog nooit weer ’n verkiesing gehou het nie. Ek leer dat Israel vir duisende Palestyne werk verskaf. . . én water, én gas, én brandstof. Terselfdertyd is daar geen Arabiese staat wat verantwoordelikheid vir die sogenaamde Palestyne aanvaar nie. (Die woord vir ’n moderne “Palestyn” is na bewering eers in die 1960’s geskep. In Turkye, waar ek onlangs was, word hulle in eg-Bybelse vorm Filistyne genoem!)
En dan is daar Yad Vashem. Ingebrand in die Joodse psige is die Europese volksmoord of “holocaust” tydens die Nazi-era. As jy nog nie hierdie museum in Jerusalem waar ’n massamoord op ’n hele nasie aangrypend en met deernis maar ook met verootmoediging uitgebeeld word nie, sal jy nooit die siel van ’n Jood verstaan nie.
Toe kom 7 Oktober 2023. Minstens 1 400 Israeli’s word deur Hamas vermoor op kibboetse soos my Machenheim. Die wêreld van 7 Oktober 2023 is nie dieselfde een as my wêreldjie van 1987 nie.
Daar was Glasnost, die Berlynse Muur het geval, die USSR het uitmekaar gespat, Suid-Afrika het ְ’n swart meerderheidsregering in ’n eenheidstaat gekry, my geboorteland het Namibië geword, die VSA het sy 9/11 beleef, én, en. . .
Ek het in Desember 1987 na my geliefde Afrika teruggekeer met net die klere aan my lyf, maar met ’n skatkis van weergalose ervaring en herinnering. My laaste herinnering aan Israel was toe ek op die strand op Tel Aviv in die son lê en die strandwag sê-vra so half terloops: “Haai ou, jy is mos die Suid-Afrikaner op Machenheim, nê? Wel, een van julle vliegtuie het so pas neergestort.”
“Kaf man, ons het die beste vlieëniers in die wêreld!” kap ek terug.
Maar hy was reg. Hy het van die Helderberg gepraat. . .
En die toekoms? My wanhoop is of daar ooit ’n oplossing vir die sogenaamde Palestynse vraagstuk sal wees. Dit gaan primêr oor grondgebied en selfbeskikking. Die tweestaatoplossing kan werk, mits die politieke wil van beide partye daar is. En hoekom is Egipte nie bereid om Gasa suidwaarts te laat uitbrei nie en voorrade deur die Rafah-grenspos te laat kom nie?
Die Gasa grens aan die Middelandse See. Hoekom kan hulle nie hul eie hawe daar kry of oprig nie? Hoekom verleen die skatryk Arabiese oliemoondhede nie hulp aan Gasa nie? Of akkommodeer hulle nie? Solank daar Palestynse kinders in Gasa is wat met mamma aan hul sy op televisie verkondig dat hul grootste ambisie is om soos pappa ’n martelaar te word en Jode dood te maak, sal daar nooit ’n oplossing wees nie.
Nie solank die narratief bestaan dat Israel van die “Rivier” (die Jordaan) tot die “See” (die Middelandse See) uitgewis moet word nie. Israelse soldate lê ná hul opleiding ’n eed op die bergvesting Masada af, dat Israel nooit weer sal val nie. Na wat ek in Israel gesien en beleef het, is ek oortuig dit sal nooit gebeur nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie