Die vrou met die láng asem
Lewe sonder marathons is ondenkbaar
Sieglinde Gontes het reeds 17 Two Oceans kafgedraf en sy beplan geensins om in die afsienbare toekoms op te hou hardloop nie.
“Ek was die enigste swart persoon wat in 2009 aan Racing the Planet in Namibië deelgeneem het. Ons was 207 atlete van 35 lande wat die 250 kilometer in ’n week aangepak het. Dit was een van my uitdagendste avonture wat ek tot dusver aangepak het, maar ook die mees lonende een,” het die marathon-atleet Sieglinde Gontes (55) gesê.
Racing the Planet is ’n internasionale reeks byeenkomste vir ultra-langafstande in die mees ongenaakbare toestande. In 2009 is dit die eerste keer in Namibië aangebied. Wat dit besonders maak, is dat deelnemers net van water voorsien word – hulle moet self elke dag hulle tent, matras, slaapsak en kos saam met hulle dra.
Sieglinde is in Swakopmund gebore en sy het daar met haar skoolloopbaan begin. Sy het daarna Okombae toe gegaan – terug na haar ouma en oupa toe – om skool te gaan tot sy haar skoolloopbaan in Omaruru voltooi het.
“Dit is ook by dié skool waar ek met atletiek begin het. Ek het ná skool terug Swakopmund toe, na my ma getrek en besluit om die Rössing-marathon te hardloop. Ek en Anne Katjiuonga was die enigste twee vroue wat aan die marathon deelgeneem het. Ons het die marathon klaargemaak; sy het gewen en ek het tweede gekom. Dit is egter waar die marathon-gogga my gebyt het en toe wou ek net hardloop.”
Sieglinde sê het haar ma het ook op skool aan atletiek deelgeneem. Sy het egter nie ná skool daarmee aangegaan nie.
Sy het daarna ’n diploma in Olimpiese leierskap deur Swakopmund Striders gedoen.
“Dit is my klub en dit sal altyd my klub bly. Ek het by Unam gaan studeer en aan die Tisan-spele begin deelneem. Ek het in Malawi, Mosambiek, Zimbabwe en Botswana deelgeneem in die 800-, 1 500- en 3 000 meter. Ek en Agnes Samaria het aan die 800 m deelgeneem en sy het baie spoed gehad en my altyd gewen.”
TWO OCEANS-MARATHON
Sieglinde het reeds 17 keer die Two Oceans-marathon gehardloop. In 2001 het sy die marathon in 4 uur en 31 sekondes voltooi, wat haar beste tyd nog was.
“Dit is die marathon waaraan ek altyd dink en waarvan ek droom. Dit is my gunsteling-marathon om te hardloop. Die Two Oceans is naby aan my hart en ek voel nie die 56 kilometer nie.
“Wanneer ek met die marathon klaar is, is ek nie moeg nie – ek is net baie gelukkig.”
Sieglinde hardloop met haar blou nommer C4457. ’n Atleet kry ’n blou nommer by die Two Oceans as jy die marathon 10 keer suksesvol voltooi het. Die nommer behoort dan aan dié persoon solank as wat hy of sy deelneem.
“Dit is my nommer tot die einde van my dae, want ek gaan nooit ophou om die Two Oceans te hardloop nie. Dié nommer gee ook al die atlete toegang tot restaurante waar ons lekker kos kry en met mekaar kan gesels. Met daardie blou nommer word ons beter behandel en kry sekere voordele.”
“Ek het ook die Comrades-marathon al twee keer gehardloop. In 2007 het ek dit in 11 ure voltooi en in 2008 in nege ure en nou is ek klaar met die marathon. Ek is intussen ook al bietjie ouer. Ek kan dit nog doen as ek wil, maar ek wil nie – ek wil die Two Oceans doen en dalk wen ek hom nog een dag.”
Deesdae hardloop sy slegs die Two Oceans en in Namibië die 21 kilometer-marathons.
MARATHON
“In Namibie hardloop ek onder andere die Vivo Energy Windhoek-marathon, die Navachab-, Rössing en Husab-marathon. Marathon-wedlope hou my aan die gang en as ek nie hardloop nie, dan is ek nie ’n mens nie. Dit maak my gelukkig.”
Vandat sy kan onthou, hardloop sy die 21 kilometer-marathons in Namibië.
“Quinton-Steel Botes het gesê ek moet die afstand hardloop. Daar was ’n tyd toe ek die Old Mutual Victory Race gedoen het, wat ek nie meer so baie in belang gestel het nie.
“Quinton het vir my gesê: ‘Shorty, so lank as wat jy lewe, kan jy hardloop. Wat wil jy doen? Wil jy gaan lê en dink of wat? Gaan hou jouself besig en dan kry jy mos ook nog ’n paar sente”.
“Quinton het my Shorty genoem en my altyd aangespoor om aan nog ’n marathon deel te neem en nóg een.
“Selfs nadat hy oorlede is, het ek gedroom hy staan langs my en sê: ‘Shorty, staan op en gaan hardloop”. Dit is wat ek doen en niemand gaan vir my sê ek moet ophou of mag nie meer hardloop nie. Gelukkig is ek nie getroud nie, so daar is geen man wat sê ek mag nie meer nie. Ek doen wat ek wil en wanneer ek wil.”
OEFEN
Sieglinde staan elke oggend om vieruur op.
“Ek word outomaties wakker. Dan praat ek met die Hemelse Vader voordat ek myself gereed kry om te gaan hardloop. Ek is so teen 05:30 uit die huis uit en dan hardloop ek op die pad vir ’n uur.
“Ek gaan dan huis toe, doen my oefeninge om af te koel en gaan stort om gereed te maak vir werk. Ek doen dit ses dae per week; ek rus net op Sondae.
Sieglinde is ’n verkoopspersoon wat daarvan hou om met haar kliënte te gesels.
“Deesdae praat mense nie meer met mekaar nie. Ek voel dit kos niks om vriendelik te wees en met mense te gesels nie. Mense moet gelukkig wees wanneer hulle die winkel verlaat en dan sal hulle terugkom.”
MEDALJES
Sieglinde het ook al die Lucky Star-marathon meer as vyf keer agtereenlopend gewen.
“Ek het al te veel marathon-wedlope gewen en ek kan regtig nie sê hoeveel ek gewen of klaargemaak het nie. Ek weet ook nie hoeveel medaljes ek het nie. Hulle is in sakke en die sakke lê die hele plek vol. Hulle lê eintlik rond – daar is so baie van hulle.
RACING THE PLANET
“Dit was iets heel anders. Ons het eintlik vyf marathon-wedlope in ’n week gehardloop. Ons was drie Namibiërs wat aan die resies deelgeneem het, waarvan ek die enigste vrou was.
“Twee van ons het klaargemaak. Die eerste dag moes ons af in die Visrivier-canyon gaan en 38 kilometer hardloop. Jy dra alles op jou rug saam met jou. So ná die vierde dag word die rugsak al leër en ligter. Jy kry net water langs die pad, die res dra jy saam met jou. Jy bad nie. Daar is geen storte en daai goed nie – jy was glad nie.”
“Die deelnemers is die Woensdag agter Keetmanshoop in die duine afgelaai en gesê hulle moet daardie kant toe, want dit is waar Lüderitz en die eindstreep is.
“Ons moes daardie dag 100 kilometer aflê. Dit was die langste afstand. Baie mense het soos ek ná 60 kilometer bietjie gerus. Nadat ek gerus het, het ek my koplamp aangesit en in die donkerte ingehardloop.
“Ek het om 12:00 by die kamp aangekom. Die volgende dag was ’n rusdag voordat ons Vrydag die laaste kilometers na Lüderitz aangepak het. Hulle het die Vrydag die vinnigste atlete eerste laat wegspring en ek was in daardie groep. In Lüderitz het ek trots met die Namibiese vlag in die hand oor die wenstreep gehardloop.”
Sieglinde was die 109de persoon oor die wenstreep met die ander Namibiër Charl Moller in 112de plek. Sy was die eerste Namibiese vrou en by die resies die vierde vrou algeheel.
“Daardie resies was taai, maar dit het my net sterker gemaak.”
RAAD
“Ek sien die kinders van vandag is doenig met die dwelms en alkohol en so aan. Hulle kan net op ’n Saterdag uitkom en bietjie in die vars lug hardloop.
“Begin stadig en dan gaan jy verder en verder tot die gogga jou ook byt. Ons het baie talent in die land, hulle moet net opstaan en daaraan begin werk.
“Hardloop hou my geestelik gesond – dit is my medisyne. Terwyl ek hardloop, hardloop ek ook al die probleme uit en die stres weg. Ek gaan hardloop tot ek nie meer asem kan haal nie.”
TOEKOMSPLANNE
In die toekoms wil Sieglinde ’n gastehuis in Swakopmund en Okombae open.
“Ek het ’n diploma in toerisme en sake-administrasie en wanneer ek aftree, wil ek ’n klein gastehuis begin. Ek kan nie stilsit nie, ek moet net aan die gang bly.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie