Die vroue agter ons redaksie
MY OORLOGSMAAT
Wie vat jy eerste saam oorlog toe? Vir my is daar nie twee stories nie.
Ek soek nie ’n spiertier of sluipskutter nie, maar iemand wat saam my sal veg tot die bitter einde.
Boaan my lys is my suster Corlia. Enigiemand wat vir Corlia ken, sal met my saamstem - daar is nie ’n bang haar op haar kop nie. Sy staan eenvoudig vir niks terug nie. In ’n wêreld wat verwag dat vroue op hulle plek moet wees en wat telkens verklaar dat vroue moet kies tussen ’n suksesvolle beroep en hul gesin, is sy soos ’n bom wat hierdie siening totaal vernietig. Sy is nie net ’n gedrewe en suksesvolle prokureur nie, maar ’n ondersteunende vrou vir haar man en liefdevolle ma vir haar seuntjie, wie natuurlik ook sy tannie se hart gesteel het. Ten spyte van haar besige en uitputtende beroep, gaan sy uit haar pad uit om ander te help, ongeag of dit nou familie, skoonfamilie of vriende is. Sy dien op die kerkraad, hou by ’n oefenprogram en kry steeds tyd om snags haar seuntjie se kosblik met die lekkerste kos te pak. Sy pak alles aan met oorgawe en passie en dan doen sy dit nog in styl met ’n paar hakskoene aan haar voete.
Hoewel ons somtyds vassit - nes enige twee sterk en soms hardkoppige vroue doen - bly sy van die eerste mense wat ek sal bel as ek in die moeilikheid is.
Nie een van ons twee is meer ’n ‘Kruger’ nie, maar die Kruger-veggees in ons sal nooit verdof nie.
Sy is my oproep in die tronk, my oorlogsmaat en rolmodel. Dit is ’n eer om haar kleinsus te kan wees. - Kristien Kruger
DANKIE WONDERVROU
Die gawe van ‘n vrou in ‘n man se lewe is onoortreflik, veral ten opsigte van my vrou. Sy is ongelooflik. Hilaria Precious Graig (neé Ndadi) is die anker in my lewe, my hart se punt, ‘n inspirasie en ‘n voorbeeld van toewyding, wilskrag, liefde en goedheid wie my gedurig uitdaag om beter te wees. Sy bring my kinders op in die sig van die Here, om soos sy self ‘n lig in die donker vir almal te wees. Sy raak ook net mooier by die dag, kyk goed na haarself en sy streef altyd om haarself te verbeter. Haar dae is propvol met daaglikse nasorg, ‘n veeleisende loopbaan, haar studies, haar uitgebreide familie, haar veelkleurige vriendekring, haar bidgroepie en haar smullekker aandetes. Tog maak sy steeds tyd om agter my te kyk. Sy weet net hoe. Wanneer die lewe bitter raak, maak sy dit weer soet, kleurvol en interessant. Wanneer die trane vloei, maak haar drukkies weer alles reg. Ek is ewig dankbaar dat ek so ‘n seëning geniet, ek is geëerd dat ek haar eggenoot mag wees en bevoorreg om ‘n lewe met haar te kan deel. - Augetto Graig
DIE VROU MET DIE GLIMLAG
Ek onthou so goed toe ek die eerste keer gewonder of ek, doodgewone ou ek, ook die vermoë het om iets in my leeftyd te doen wat van waarde is. Dit was toe my Engels-onderwyseres op hoërskool, Ronel Louw, een van my gedigte gelees het en haar hemelbreë glimlag net al groter op haar gesig geword het.
Dít was Graad 8 en die herinneringe van morsdag en plastieksakke vir sokkies was nog vars in my geheue. Oor die komende jare het daardie vrou met die groot glimlag diep in my hart gekruip tot die dag wat ek ook my swart kepsie in die lug gegooi en verklaar het dat ek klaar is met skool. Ek het toe reeds geweet dat hierdie vrou se humor en haar hart vir ewig deel sal wees van die mosaïek van my menswees.
Wat ’n voorreg om ’n skerfie van so ’n wonderlike vrou vir die wêreld te kan wys en te sê ‘hier is die mooiste van my - dit is slegs geleen, maar ek kan dit vir jou ook leen as jy dit nodig het’.
Wat ’n voorreg was elke ‘my darling, I loved your essay’ en wat ’n eer om ’n stukkie in ewigdurende tyd met ’n vrou te deel wat nie anders kan as om lewens vir ewig te verander nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie