Dis nou sy beurt om terug te gee

Tanja Bause
“Dit maak vandag nog seer dat Oom Willie nooit kon hoor hoe ek klavier speel nie. Hy het my die geleentheid gegee om die instrument te leer speel. Hy het in my geglo en hy is oorlede sonder dat hy my hoor speel het,” het Julio Bonifacio Armando (21) gesê.

Julio is op Otjiwarongo gebore en hy het in die kerk grootgeword. Op 11-jarige ouderdom het hy in musiek begin belangstel.

“Daar was ’n oupa wat in die kerk klavier gespeel het en ek het na hom toe gegaan en gesê ek wil leer speel. Hy het gesê hy sal vir my musieklesse betaal.”

Oom Willie Diergaardt het Julio se musieklesse vir vier maande by die Otjiwarongo Art Centre betaal voordat hy dood is. Julio het net 16 klavierlesse ontvang. Hy kon nie met die lesse voortgaan nie omdat sy ouers nie die geld gehad het nie.

“Ek onthou die Saterdag toe ons vir Oom Willie begrawe het, het ek in ’n ander oom se voertuig gesit. Hy het gesê hy het ’n klawerbord gekoop as ek dit wil hê. Hy het N$300 gevra. Nie ek of my ouers het die geld gehad nie. Ek het die klawerbord gevat en wou dit afbetaal. Toe ek die eerste N$100 gehad het, het ek na hom toe gegaan. Hy sê toe vir my dit was ’n grap en ek kan dit net kry. Dit was my eerste instrument.”

Julio het Windhoek toe getrek om skool klaar te maak. Hy het egter nie goed gevaar nie en hy wou iets doen terwyl hy sy punte verbeter het. Hy het as ’n tutor by ’n primêre skool Edu-Com van Brian Sacco begin.

“Ek het die JBA Academy op die been gebring en in Oktober verlede jaar begin om klavierlesse vir twee kinders te gee. Brian het ’n nuwe klawerbord vir my gegee sodat ek met die klasse kon begin. Vandag het ek 15 studente.”

Julio gee die lesse by sy studente se huise.

Hy beplan om deur die akademie klawerborde te koop wat hy dan aan sy studente wil gee en wat hulle maandeliks kan afbetaal.

“Dit is beter as die studente hul eie instrumente het sodat hulle nٔá lesse kan oefen, en so kan hul ouers dit bekostig.

“Toe ek grootgeword het, het ek geen instrumente gehad nie. Op dié manier kan ek ander kinders help om een te besit.”

Julio se toekomsdrome vir die akademie is dat hy eendag ’n plek kan hê waarnatoe die studente vir lesse kan kom.

“Ek het nie ’n sent betaal vir wat ek nou het nie. Ek wil graag teruggee en hoop ek kan ook eendag gratis lesse vir kinders aanbied.”

“Wanneer ek terugkyk – waar ek vandaan gekom het en waar ek nou is – is ek baie dankbaar. Ek wou altyd die klavier leer speel en nou nog sit ek soms agter die klawerbord en kyk vir die swart en wit sleutels en ek kan nie glo ek kan die instrument speel nie.

“Musiek het my van die strate af gehou en as dit nie vir Oom Willie was wat in my geglo het nie, weet ek ook nie waar ek sou wees.

“Dit is nie alledaags dat iemand sommer net iets goeds vir ’n ander persoon doen nie. Ons is nie familie nie en hy het vir my lesse betaal; ek sal hom trots maak en teruggee. Ek sal iemand anders help sonder dat ek enigiets terug verwag; nes hy gedoen het.”

[email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-01-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 29° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 26° | 35° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 18° | 37° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 32° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 18° | 37° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 14° | 30° Ariamsvlei: 19° | 37° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 34° Lubumbashi: 17° | 20° Mbabane: 15° | 27° Maseru: 19° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 18° | 21° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 20° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 20° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!