Dit begin met ’n meesterstuk
Haar liefde en passie vir kuns was van kleins af deel van haar lewe en sy onthou haar eerste “kunswerk” toe sy net twee jaar oud was.
“My heel eerste kunswerk was net ’n paar kwashale op ’n papier, maar ek het sommer net geweet ek hou baie daarvan en dat ek iets binne-in my voel wanneer ek besig is om te verf,” sê Nolene Steyn, ’n oudleerling van die Windhoek Afrikaanse Privaatskool en tans ’n student aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom.
Dit was egter in 2020 tydens die Covid-19-pandemie toe sy in graad 9 was dat die kunsgogga vir Nolene behoorlik gebyt het.
“Ek het in daardie tyd vir die volgende twee jaar tuisonderrig gehad. Ek het soveel tyd op hande gehad en kon my volle aandag aan skilder gee,” vertel sy, en dat sy het haar talent ontwikkel en laat groei het.
Nolene beskryf haar kunsstyl as impressionisme en het aanvanklik in 2016 met potloodsketse begin en ’n paar jaar later na houtskool oorgeskakel.
Haar inspirasie was die mense om haar en hul emosies. “Ek kon vir ure in koffiewinkels sit en mense waarneem. Ek het vinnig potlood- en houtskoolwerk bemeester en deur God my na nuwe temas laat lei.”
Vanaf 2022 het sy die verfkwas opgetel en tans is dit haar fokus met die tema van mense en hul omgewing. Sy streef ook daarna om mense te inspireer deur die natuur wat sy in haar kuns uitbeeld.
Die bekende Franse skilder Claude Monet het ’n groot invloed op haar kuns, sê Nolene.
“Sy kuns is ook gebaseer op impressionisme en ek leer die meeste van my tegnieke aan deur sy styl te bestudeer en te volg.”
Haar grootste invloed is egter haar pa.
“Hy beoefen al vir jare ysterkuns en as klein dogtertjie het ek by hom gesit en kyk hoe hy verlore ysterstukke aanmekaar smelt.
“Sy stukke het my geleer hoe om verskillende idees in een meesterstuk te omskep.”
Nolene het haar eerste kunsuitstalling op 23 September gehou, iets wat vir haar ’n groot voorreg en eer was.
Haar kunswerke is by die Slow Café in Potchefstroom uitgestal en Nolene moes haar kunswerke baseer op die estetiese voorkoms en atmosfeer van die winkel.
Vir die uitstalling het sy haar inspirasie uit Griekeland en antieke kunstegnieke geput.
Nolene het tien skilderye voltooi en elkeen vernoem na ’n Griekse verhaal met sy eie, unieke identiteit.
Die grootste uitdaging vir Nolene was nie om die tien skilderye binne 30 dae te voltooi nie, maar om ’n gesonde balans tussen haar kuns en haar studies te handhaaf.
“Om ’n skildery te voltooi kan tot 18 uur neem en dis ook nie iets wat ek met die stel van ’n wekker net kan laat gebeur nie.
“Ek moet beplan en ontspanne bou aan die energie en inspirasie om te begin.”
Haar gunsteling-kunswerk in die versameling is die Golden Fruits of Mykonos wat sy ook as haar beste werk beskou, vertel Nolene.
“Die skildery is deur elkeen in die reeks voor hom geïnspireer en vang die bemeestering van al die tegnieke vas.”
Die mees vervullende deel van haar eerste uitstalling was om die geleentheid te kon kry om ander mense te inspireer, sê Nolene.
“Ek het vir myself die doelwit gestel om mense die insig te gee van hoe wonderlik die omgewing is wat God vir ons gegee het en dat hulle die wêreld vanuit ’n ander perspektief moet bekyk.
“My persoonlike groei ten opsigte van my vaardigheid deur die proses was ’n belonging op sy eie, en ek is gevul met dankbaarheid”
Nolene se raad aan ander jongmense wat daarna streef om by die kunswêreld betrokke te raak is in een woord – passie.
“Kuns verg tyd en toewyding. Mense waarsku altyd dat dit ’n risiko is om kuns as jou beroep te beoefen. En hoewel daar sekerlik waarheid daarin steek, is dit geen rede om moed op te gee nie.
“Byt vas, werk daagliks aan jou gawe en onthou elke kunstenaar het met een meersterstuk begin.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie